Donkeroggend:
Die son het nog nie eens ‘n poging aangewend om op te kom nie, nie eens net ‘n teken van opkom nie. Hy lệ nog diep in sy gat iewers. Ek wonder waar is die son? Waar gaan lệ hy voordat hy kopuitsteek in die oggend? Dalk het hy ook ‘n canfruit bottel waarin hy lệ, net soos my klippies.
Ek sal moet klippies tel. Ek het lank laas getel. Daar is al 4 boottels vol klippies wat in my vensterbank staan wat see se kant toe kyk. In die somer sit ek die flesse met klippies in die vensterbank wat vlakte toe kyk, wintertye na die venster wat see toe kyk. Die klippies kan nie heeltyd vir die vlakte kyk nie, ook nie vir die see nie.
Ek wonder hoe laat dit is.
Onder my bed lệ ‘n rooi vierkantige boksie. Die ding lệ nou al daar vir ‘n paar dae, dalk weke, dalk ‘n maand of twee. Ek het ophou tel. Die boksie maak my bang. Dis asof daar ‘n rooi-oog monster in is. ‘n Man en sy gesin van Pretoria wat hier kom vakansie hou het, het dit vir my gegee. Hulle het kom blomme kyk. Die blomme was mooi daai seisoen. Ek onthou nog. Die veld hier agter, Kralekraal se kant toe, was spierewit geblom. Asof dit gesneeu het. Dan weer ‘n lappie noorde se kant toe pure bont plesier van pers, oranje en geel. Die man kon nie uitgepraat raak oor die blomme nie.
“Jy neem seker baie fotos” het hy vir my gevra.
Nee.
“Jy moet fotos neem. Dis pragtig” het die vrou gesệ
Ek bệre die pragtig in my hart.
Stilte
Die vrou het daardie oggend ‘n groot,bont kopband aangehad. Sy het amper soos en van die vetplante gelyk. Ek het my verkyk aan haar.
Hulle het vir Ousus gekry met ‘n vars snoek in die hand toe sy oppad was na my toe. Ons sou snoek rook daardie dag.
Hulle stop toe, vra waar sy heen gaan en sy het gesệ “Ek gaan na die plek toe waarheen ek elke dag heen gaan. Waarheen gaan Meneer en Mevrou heen?”
“Ons wil gaan blommetjies kyk, maar is eintlik opsoek na ‘n koppie koffie en ‘n broodjie. Alles is nog toe daar onder by die see. Die nota op die deur sệ dat hulle eers 10 uur oopmaak” het die vrou gesệ.
“Is waar Mevrou. Hier is dinge stadig. Moenie haastig wees met stadige goete nie. Meneer en Mevrou kan sommer daar by ons kom koffie drink. Ek sal ‘n broodjie maak. Ons het reeds gister gebak”
Ek onthou nog so goed toe die wit Land Rover daardie oggend by my huis ingetrek het.
“Kom, Kind, maak jouself reg. Hierdie mense soek koffie en ‘n stukkie brood. Dis tyd dat jy mense in die oe beginner kyk. Jy kan nie so alleen sit nie. Jy gaan vereensaam. Die vrou sit daar in die sitkamer. Gaan praat met hulle. Ek maak koffie” het Ousus vir my aangepraat.
Ek was so bang.
Asem in…uit…in…uit…twee…drie…vier…uit…
God help my.
Engel op my dak, maak my deurskynend.
Vlakte, kom vat my.
Dingetjie, see, kom vou my toe.
Venster na vlakte, stap, venster na see, stap, sit, venster na vlakte, venster na see, stap, sit.
“Kind kry jou reg. Die Mevrou daar in die sitkamer wil praat.” Het Ousus geskreeu.
Ek onthou dit soos gister. Ek het stadig gestap. Tot in die sitkamer.
“More Mevrou. More Meneer” het ek gesệ”
Toe ek in daai vrou se oe gekyk het, kon ek die vraag lees.
“Jy is dan ‘n wit mens.”
Ja ek is. Wat daarvan? Ek het dit nie gesệ nie, maar gedink.
“Hoekom het jy so baie bottels vol klippies?” het die man gevra.
“Ek tellie dae met die klippe”
“Wat bedoel jy” die vrou
“Ek gooi elke dag ‘n klippie in die fles om die dae te tel. Daar is nog baie klippies wat op die dak lệ. Hulle lệ by die skulp-engel”
“Kom sit hier” die man
“Ek kom. Ek wil net gou vir my ma iets gaan vra”
“Waar is jou ma” vrou
“In die kombuis.”
Ek was so bang. Ek ken nie meer mense nie. Ek wil nie die geeste om my he nie.
“Ousus, het jy daai vrou aangekyk. Sy lyk soos ‘n dobbelsteen sonder kolletjies. Kaal, dom, alleen maar baie geld”
“Los die ding Kind, vandag gaan jy gesels.”
“Stap saam met my, asseblief Ousus”
“Kom”
Sy het my hand gevat, en ons het skuif-skuif gestap. Ek is bang vir die mense.
Sệ nou hulle kom vat my hier weg, Ousus.
“Hulle sallie. Ek sal keer. Kom”
Ek onthou nog so goed toe ek en Ousus by die sitkamer ingestap het en die Dobbelsteen vrou wat met die flesse in haar hand gestaan het. Hoe sy skuldig gelyk het toe sy sien ons sien haar. Hoe die man met sy oe beduie om dit neer te sit. Hoe die skrik in haar oe gesit het. Hoe die vraag in die man se mondholtes gelệ het.
“Is dit jou ma” het die vrou gevra.
Ja.
“Ja, ek is sy ma’ het Ousus ook gesệ.
Toe het ek die bang weggejaag.
Ek het op die houtstoeltjie met die riempies gaan sit. Ousus het gesệ sy bring die koffie. Die man het my aangekyk en die vrou het die klippies aangegluur.
“Ek kan my engel-skulp vir julle wys” het ek die eerste ding in my kop gegryp om te sệ
Die man knik sy kop.
Die vrou sệ “OK”
Ek het toe uitgeloop, verby die wasgoedlyn waar die voeltjie altyd sit en sing, agter die
Spekbos verby waaronder die skilpad nou al vir lank bly en toe klim ek op die dak.
Ek trap versigtig. Vat die skulp in my hande vas. Klim af. Terug. Spekbos, skilpad, wasgoedlyn, skulpiepad en toe sitkamer.
“Kyk, het ek gesệ. As jy die skulp so hou en jy korrel met jou oog deur die gaatjie sodat die son mooi in die gaatjie pas, kan jy die engel sien” het ek gesệ.
Die vrou doen dit.
Die man ook.
“Sệ my, het jy nie ‘n horlosie, of ‘n telefoon nie. Het jy nie ‘n tv nie?”
Nee.
Die man se oe het gesệ “Dis vreeslik”
Dobbelsteen vrou sonder kolletjies het gaan sit.
“Hoe weet jy dan waste dag is dit”
Ek tel die klippies in die vlesse.
“Is daardie klippies in die fles die dae wat jy al hier is?”
Ja.
“Dis baie. Moet naby 2 jaar wees”
Ek dink so
“Weet jy watse Maand dit is”
Ja.
“Watse maand?” Dobbeslteen sonder kolletjies.
Dis Blommemaand.
Simpel vrou
Ousus het, Dank God, met die broodjies en koffie ingekom.
Stilte.
Eet,
Klingel-Klingel van koppies en teelepel.
Slurp
Stil.
Asem in…uit…in…uit.
Ek het die engelskulp langs die flesse neergesit en gekyk hoe die man en vrou koffie drink.
Die man het iets vir die vrou gesệ. Ek kon nie hoor nie.
Sy het opgestaan, na die kar toe geloop en teruggekom met die rooi boksie.
“Dis vir jou. Om dankie te sệ vir die brood en koffie”
Wat is dit?
“’n Selfoon”
Ek skrik.
Selfone maak my bang.
“Vat dit, toe” die man soebat.
Ek het dit gevat en onder my bed gaan bệre.
Dis waar hy nou lệ, totdat ek hom eendag in die oe gaan kyk.
Klop-Klop-Klop
Ek skrik.
Ek was nou so verdiep in die onthou dink van die man en vrou daardie dag dat ek nie eens agterkom het die son is besig om uit sy fles te klim nie. Die voeltjie het teen my venster kom klop klop. Hy kom klop my altyd wakker.
More voeltjie.
More son.
More dag.
More Dingetjie.
More vlakte
More ek.
Ek het geleer om myself ook in die oggend ‘more’ te sệ en saans ‘goodnight”. Wie anders is daar om dit voor te sệ.?
Toe gaan stap ek. Vlakte toe. Ek wil die dobbeslteen vrou uit my kop uit stap, die selfoon uit my kop uit stap, die onthou uitstap, die dink uitstap en vrede instap. Dis wat ek gaan doen. Dis vandag.
Leave a Reply