KOPREIS (9). Die vrag engele.

lighthouseKnipoog-knipoog…knipoog-knipoog…knipoog-knipoog…

 

Wag.

Een, twee drie, vier, vyf…

Aan, af, aan af, aan af.

Oggendure.

Dit is in die oggendure wanneer die groot dink in my kom lệ.  Ek lệ op my rug, kyk vir die dak. Op my linkersy, kyk vir die venster, regtersy, kyk vir die deur.  Rug, links, regs, Rug.

Ek sal die beddegoed moet was. Dit is ‘n groot werk. Ek sal hoor of Ousus nie vir my seepboeier het nie. Omo, Surf, Ariel? Dalk Omo.  Omo maak te veel skuim dan moet ek te hard werk om die seep uit die spoel.  Maar baie skuim is goed. Dit laat die materiaal lekker ruik.

Die water is brak.  As die water te brak is maak dit in elk geval nie skuim nie.  Jy kan maar skud en roer en meng, skuim sal hy nie skuim nie.

Knipoog-knipoog…knipoog-knipoog…

Wat flits so daar onder by die see?  Is dit in die see of op die wal?

Staan net op en gaan kyk. Kry dit uit jou sisteem uit! Dink ek.

Ek staan op. Vou die ou kamerjas oor my skouers en trek my slippers met gate by die tone aan.  Ek stap eers na die venster wat vlakte toe kyk.  Dis nog donker.  Die vlakte lệ soos ‘n groot monster wat getem moet word.  Ver op die horison lyk dit of daar ‘n rooierigheid begin skyn.

Rooi, Rooier, Rooiste.

Een, Twee, Drie, Vier…tel ek die sterre.  Dis te veel. Ek sal vir altyd tel.

Ek stap na die venster toe wat see kant toe kyk.  Knipoog-knipoog…een..twee..drie.

Magtag man.  Hierdie getellery maak my mal. Hoekom tel ek alles?

Ek besluit om by die kombuisdeur uit te gaan, wat see toe kyk, sodat ek die oog wat so flikker flikker nie uit die oog verloor nie.

Sệ nou hulle kom haal my? Dink ek.

Dalk soek hulle my, ontvoer my en vat my ver weg.  Ek sal die oog moet dophou.  Ek stap om die spekbos, wasgoedlyn se kant toe. Ek kan dalk op die paal klim waarop die voeltjie gesit en sing het. Dan kan ek beter sien.  Nee man, makliker, klim op die dak.  Ek moet in elk geval vir die engel gaan hallo sệ en ‘n ronde klippie optel.  Die skulp-engel het seker al teen hierdie tyd engele in die klippies gesit.

Ek klim versigtig op die dak.  Die wit kamerjas hang soos vlerke om my. Ek maak die knoop so beitjie stywer vas.

Ek staan op die huis se dak.  Ek glimlag vir myself, want ek wou eers sệ “Ek staan op my dak”…Jinne, waar is my dak? Ek het mos nie ‘n dak nie. Die huis het ‘n dak. As ek ‘n dak sou gehad het, waar sou hy gewees het? My kop of my hart?

Ek wonder wat van Dingetjie geword het.

Toe ek op die dak staan en ek kyk vlakte in, breek die groot voel in my los.  Dis ‘n breek soos ‘n groot brander op die strand sal val, kaplaks, en stadig terugrol, breek, val, kaplaks, rol…want toe ek buk om die engel-skulp op te tel, voel ek soos die engel.  Die wit kamerjas ruk-ruk aan my lyf soos die seewind aan my pluk.  Ek maak my arms wyd oop en staan.  Ek is ‘n engel.  Kyk, ek sweef oor die aarde, ek sweef oor die see, ek sweef oor die vlakte en ek sweef in myself.

Dis wonderlik.  Ek sal vandag ‘n ander klippie in die fles gooi.  Ek gaan nie ‘n ronde klippie ingooi nie, maar ‘n plat klippie.  Dan weet ek op die platklippie dag is die dag toe ek ‘n engel geword het.

Ek klim van die dak af, nie my dak nie, my huis se dak…stap om die huis vlakte in.  Ver. Ek stap nie gister se voetpadstap nie. Ek vat ‘n ander rigting.  Meer na die linkerkant toe.

Ek stap…asem in, uit…voeteval…asem…in…uit…voeteval…in…uit…voeteval.

Toe word dit stil.

Stap het my stil gemaak.

Die son sit al hoog.  Ek stap soos die sonengel terug huis toe.  Ek moes baie ver gestap het.  My voete is seer van die slippers.  Slippes is nie stapskoene nie.

Asem…in…uit…voeteval…stilte, stilte, stilte.

Toe ek met die grootpad, wat ook ‘n stofpad is, om die draai aangestap kom, sien ek vir Ousus teen die vlakte-venster se muur sit. Teen die son. Lekker warm. Dit lyk snoesig.  Dis ‘n prentjie van tevrede. Dis ‘n prentjie van rustig, van stilte.

Ek is die sonengel en sy die songod.

“Waar loop jy? Jy loop met slippers in die vlak?”

Hallo, Ousus. Ek het gaan stap.

“Hoe laat is jy dan veld in. Kyk hoe sit die steekgras aan die slippers vas. Ek sal heeldag moet sit om daai grassies uit die pluk.  Hulle klou vas.  En as een eers in jou vel insteek, klou hy vas, swel onder jou vel en dit sweer.  Dan is die Herlemensies werk om daai inflimasie te stop.”

Wat is Harlemensies?

“Dis medisyne.  Dit help vir alles. Soos Kankerbossie”

Ek het vir jou tee gemaak. Dit staan op die tafel.  Kom sit hier sodat die son lewe in ons lywe kan brand. Dis koud vandag.

Ousus, ek het in die oggendure, daar onder by die see, iets gesien knipoog…knipoog…knipoog… Kom hulle my haal?

“En wie gaan jou nogals kom haal. Niemand sal jou hier kom haal nie”

Maar sệ nou net…

“Sệ nou se moer”

Maar wie knipoog so?  Daai mense kyk reg op my huis af en hou aan en aan. Dis ‘n teken. Dis ‘n sein.

“Bedaar tog.  Dis onse dorp se ligtoring.  Hy doen dit altyd.  Niemand gaan jou kom haal nie”

Dankie, dankie Ousus.

Ek gaan haal my tee, sit op ‘n plat klip langs Ousus en kyk vir die son.

Ek het vanoggend, toe dit nog donker was, ‘n engel geword.

“Jy is ‘n engel”

Ek dink lank aan haar woorde.  Jy is ‘n engel…Jy is ‘n engel….Jy is ‘n engel…

Toe ek die laaste ‘jy is ‘n engel’ dink dink, kom ‘n wit bakkie om die draai, swaai by my huis in. Ek wou eers weghardloop om weg te kruip, maar Ousus sit haar hand op my skouer neer.

“Sit, dis jou skulpe. Hulle sal jou niks maak nie. Niemand sal jou vat nie. Sit stil.”

Op die rug van die bakkie lệ duisende, honderde, miljoene engele, skulpe….Een, twee, drie, vier, vyf ses..begin ek tel.

Hou op tel.

Asem in…uit…in…uit.

En daar voor my deur gooi hulle ‘n vrag engele op my voorstoep af.  Miljoene engele.  Miljoene liggies.

“Toe, kom, ons sal moet begin skulpies inryg, dit is groot werk” sệ Ousus en vou die oopknooptrui oor haar bors.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: