KOPREIS (7) Die engel op my dak

13661967_10154460708398487_8011370450522481508_o

Daar is 120 klippies in die fles. Hy is amper vol. Ek sal ‘n nuwe fles moet aanskaf.

Daar is seker nog net een maand of so se plek oor.

Dis middernag.

Dis volmaan.

Ek is wawyd wakker.

Ek sal nog skulpe moet gaan haal. Ek wil hulle inryg en buite al om my huis se dak hang.  Soos ‘n raam. Dit sal mooi lyk.

Dit kan dalk mooi geluide maak as die wind waai.  Ek het al gehoor hulle sệ dat daar ‘n engel in elke skulp skuil.

Ek wil klomp sulkpe om my huis hang. Engel-skulpe.  Klomp engele.  Ek wil een engel op my dak ook sit.

Ek staan uit die bed op. Trek weer die ou kamerjas oor my skouers en stap buite toe.  Die skulppaadjie voor my deur lệ wit in die maanlig.  Ek stap oor die skulpies en die nag laat die ekstra harder kraak.  Ek stap op my tone om die kraak stiller te maak.

Hoekom sal ek die skulp-klank wil stil maak. Niemand kan my hoor nie.  Ek is bang dat ek die engele in die skulpe gaan kwaad maak as ek aanhou trap.

Ek soek tussen die klomp skulpies in die paadjie na ‘n mooi skulp. Ek tel hom op, skud dit, en hou hom met ‘n lang arm maan toe. Ek maak my een oog toe en korrel korrel deur die gaatjie sodat die son mooi in die gaatjie pas.  Ek blaas dan deur die gaatjie na die maan se kant toe. Ek wil die demone wegblaas, maan toe, sodat daar net plek vir ‘n engel in die skulp is.

Ek klim met die kantmuurtjie op, tot bo op my huis se dank en sit die skulp in die middel van my huis se dak neer. Ek kyk weer na die maan en vra dat die engel asseblief op my dak bly sit. Vir altyd.

Ek pluk toe ‘n ster en sit dit onder die skulpie. Ek voel beter. Daar is nou ‘n engel op my dak.

Toe ek weer in my bed gaan lệ, skuif ek so dat ek die maan deur die venster kan sien.

Nag maan, nag ster, nag engel, nag skulpies.

Toe raak ek aan die slaap.

 

Ek weet nie hoe laat dit is nie. Die son skyn al.

Die dorp het al lewe begin kry.

Die see is al ‘n donker blou.

Hoekom het ek dan verslaap?

Kan ‘n mens verslaap as jy nie hoef op te staan die volgende oggend nie? Ek dink nie so nie….

Nee, ek het nie verslaap nie, net laat geslaap.

Klop-klop-klop-klop.

Dis ‘n rustige klop aan my deur.  Nie soos ander mense uit ritme uit klop nie. Dis ‘n mooi klop.

Ek maak die deur oop.

“Jy slaap laat. Jy moet opstaan”  Ek is bly om haar te sien. Kopdoek, voorskoot sonder die oopknooptrui.

“Waar eet jy? Hier is niks skottelgoed nie”

“Ek het ‘n takkie van die spekbos gemaak”

“Hier, ek het vir jou ‘n stukkie hoender gebring en soetwortels”

Ek is bly. Regtig bly.

Ek besef dat ek die bakkie kos eet soos iemand wat vir dae lank nie geeeet het nie.

Sy kyk my stip aan.

Hoekom word mens honger?

Is ek regtig honger?

“Ek het gisteraand ‘n engel op my huis se dak gesit.  Toe sệ die engel vir jou om vir my iets te bring om te eet. Dankie”

“Wat praat jy?”

“Sal jy tee maak?” vra ek

“Ja.”

“Moenie die teesakkie in my koppie los nie”

“Goed”

 

Ek stap sitkamer toe, maak die voordeur oop en kyk vir die see.  Dan gaan sit ek op die draad stoel, kyk wasgoed draad toe om te kyk of ek die voeltjie kan sien wat daar gesit het.

Ek kyk vir die geut om te sien of daar nog doudruppels is wat tik-tok, tik-tok.

Ek stap terug kombuis toe.

“Wat is die engel se naam wat jy op die dak gesit het?”

“Sy het nie ‘n naam nie”

“Hoe weet jy dis ‘n sy?”

Ek dink vir ‘n oomblik, vat my koppie tee en stap na die kamer toe wat se venster vlakte toe kyk.

Dan weer na die see kant se vensters.

Dan gaan sit ek op my bed. Ek sal nog gordyne moet kry.

Waar gaan ek dit kry.

Ek stap kombuis toe.

“Waar kan ek gordyne kry?” vra ek

“Vra maar net.  Dit sal na jou toe kom.  Moenie haastig wees met stadige dinge nie” sệ sy

Toe ek die laaste bietjie tee drink en my koppie onder die stadige kraan uitspoel, sệ ek:

“Die engel op my dak is ‘n vrou…ek weet dit net. Want jy het op my pad gekom. Jy het vir my kos gebring en tee gemaak. Jy klop anders as ander mense aan ‘n deur”

Sy kyk vir my, vou haar arms voor haar bors en glimlag.

“ek het ook vir ‘n engel gevra. Maar my engel is anders. Dis ‘n man-engel. Dis jy”

“Het jy vir my ‘n glas-fles seblief?” vra ek.

“Ek het baie, ja. Ek het baie klippies ook.  Maar soms, net soms moet jy maar jou eie fles in jou hart dra en elke dag se klippie daar wegsit. Dis veilig.”

Ek glimlag.

10 thoughts on “KOPREIS (7) Die engel op my dak

Add yours

  1. Aaag … dis ‘n oulike stukkie die! Julle is altwee so pittig. Daar steek ‘n diep waarheid daarin om jou eie klippies bymekaar te maak – so wys. Ek geniet jou skrywes, mis net die stukkies “waarhede” vanuit jou kinderdae wat jy verdoesel ..

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: