KOPREIS (6) Spekbos en tik tok

Ek wonder hoe laat dit is.

Dis ‘n mistige oggend. Die dorp lyk grys onder die mis.

 

Ek wonder of ek dalk ‘n horlosie  moet aanskaf?

Hoekom sal ek ‘n horlosie wil he?

Ek staan lui lui uit die bed op.  Trek ‘n groot kamerjas oor my skouers en stap kombuis toe.

Ek maak die kraan by die wasbak oop om water in die ketel te tap. Die water loop stadig.  Terwyl ek die ketel se groot bek oor die kraan hou om sy maag vol water te kry, kyk ek by die kombuisvenster uit.  Die stofstraat na die kafee se kant toe is stil.

‘n Vrou met ‘n kopdoek en voorskoot stap  kafee toe.  Sy het ‘n knooptrui aan wat sy styf oor haar bors trek teen die koue.

Voordat sy by die kafee ingaan, staan sy, kyk op na my huis se kant toe, of altans, ek dink so, dan weer na die eensame wit huisie aan die linkerkant van die pad.  Ek kan nie mooi sien nie.

Ek vryf die ruit met ‘n vadoek skoon. Dit help nie eintlik nie.  Die vrou stap by die kafee in. Ek wag om te kyk wanneer sy weer uitkom.

Die ketel is lankal al oorvol en die water hardloop teen my hand af, in die wasbak en in die ronde wasbakgaatjie af. Weg.

Ek wens ek kan ook weghardloop en in ‘n donker gaatjie verdwyn, net soos die water.

Ek hoor iets tik-tok…tik-tok..tik-tok.

Is dit ‘n horlosie?

Ek maak die kraan toe, sit die ketel aan en luister vir die tik-tik…tik-tok

Ek stap met die gang af, badkamer toe.

Terug kombuis toe.

Kamer toe.

Sitkamer toe.

Venster wat vlakte toe kyk

Venster wat see toe kyk.

Tik-tok

Tik-tok

Dit gaan my mal maak.

Ek stap by die voordeur uit.  Die spekbos se blaartjies blink van die mistigheid op hulle. Ek hurk langs hom en vryf met my vinger oor die blaartjies. My vinger-punt is nat. Ek proe daaraan.  Dit proe effens sout.

Ek pluk van die spekbos se blaartjies en breek dit oop. Ek is seker mens kan dit kook.  Soos spinasie.

Met aatappels.

En uie.

Ek moet dlak ‘n takkie afpluk en dit kook.  Is dit spekbos en spekboom?

‘n Voeltjie sit op die houtpaal wat die wasgoedlyne regop hou.  Dis ‘n vaal ou voeltjie, maar hy sing mooi

“Wat sing jy?” vra ek

Tjirp, Tjirp.

Waar is jou huisie?

Tjirp, Tjirp.

Tik-Tok…Tik-Tok

Dis die water van die mistigheid wat aan die geut vasklou en drup drup by die geut af.. Tik Tok

Ek stap om die huis en kyk weer straat af. Ek moet kafee toe gaan.

Die vrou met die kopdoek staan weer daar. Sy kyk weer na my kant toe.

Wat soek sy?

Waarna kyk sy?

Kyk sy na die voeltjie op die wasgoeddraad?

Ek sal moet gordyne kry. Mens kan reg deur my huis sien. As ek deur die kombuis venster kyk, deur die boonste middelvertrekkie, deur die kamer en dan deur die vensters wat vlakte toe wys.

Vandag voel ek alleen.

Ek trek die band van die kamerjas stywer om my vas, stap weer na die wasgoedlyn toe net om te sien die voeltjie is weg.

Iets moes hom bang gemaak het.  Dalk het ‘n kat hom weggejaag.

Ek pluk ‘n paar takkies van die spekbos af en hou dit in my hand vas.  Ek sal dit opkook en ‘n aartappel saam kook. Dalk ‘n ui ook.

Gaan stap langs die see vandag. Mense kan in elk geval nie mooi sien omdat dit mistig is.

Niemand sal my sien nie.

Dis soos my dae is.

Opstaan, koffie maak, by die vensters uitkyk, nog koffie, dwaal om die huis, nog koffie, see toe stap, op ‘n rots sit, dink, terug, koffie, lệ, opstaan, raai hoe laat dit is, klipfles, koffie, stoep, see toe, dink…tot op ‘n dag toe die kopdoekvrou my stop.

“Hoekom leef jy eenkant?” vra sy

Ek weet nie

“Het jy ‘n loswerkie vir my. Ek sal skottelgoed was en jou vadoeke uitpsoel?” vra sy

“dis reg” sệ ek.

Ek is te bang om te praat. Ek is te bang om my opinie te gee. Ek is te bang om iets te sệ..en al wat ek kon sệ is: “Dis reg”.

En so is dit.

Sy het later daardie dag, toe die mis gesak het, aan my deur kom klop, gevra waar die kombuis en vadoeke is.

Ek wys vir haar.

Het jy warm water?

Ja

Werk jou gasgeyser?

Ja

Het jy net een vadoek?

Ja.

Ok…mag ek tee maak?

Ja

Ek staan in die deurkosyn, die helfte van my lyf agter die muur. Ek loer vir haar.

Sy vryf die vadoek met blou seep in.  Skud, spoel, hou hom in die lug en kyk, vryf, spoel…

“Jou vadoek is vuil.”

“Ek het net een”

“Ek sal hom skoon kry”

Sy vryf die vadoek met blou seep, stap by die agterdeur uit, kyk vir die see en hang dan die vadoek oor ‘n bossie, in die sonlig.

Sy  haal twee koppies uit die kas, gooi een teesakkie in ‘n koppie. Vul die koppies met kookwater.  Dan melk, dan 4 lepels suiker.

Sy druk die teesakkie met ‘n teelepel teen die kant van die koppie en gooi hom dan in die ander koppie.  Die sy gee vir my die koppie met die blommetjies op aan en sy vat die een wat ‘n tjip aan die kant het. Die teesakkie dryf soos ‘n slap ding in die koppie. Sy gaan sit op die stoepie, kyk na die see, kyk na die vadoek op die bossie en roep my nader.

Ons sit in stilte.  Die vadoek is lankal al droog, maar ons sit, sonder om te praat.

Ek gaan nou maar weer.  Ek sal more weer kom

Toe sy straat af stap, trek sy die knooptruitjie styf om haar, druk haar kopdoek met duim en wysvinger teen haar voorkop vas en waggel straat af. Sy kyk om, waai vir my en glimlag.

Toe is die huis stil.  Ek vat die stukkie spekbos, kook dit in ‘n kastrol, kerf ‘n uit in end an ‘n aartappel.  Toe dit gaar is eet ek.  Dis lekker. Kort sout. Dis lekker. Kort peper…maar lekker.

Dis laatnag toe ek ‘n klippie in die fles gooi dat ek hoop more kom vinnig. Ek wil haar weer sien.

Advertisements

One thought on “KOPREIS (6) Spekbos en tik tok

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: