KOPREIS (5) die klipfles.

can fruit

Die can fruit bottle is half vol klippies.  Gladde, ronde spoelklippies.

Die bottel lyk mooi daar waar hy in die vensterbank staan.  Die laatmiddag son skyn op hom.  Dan maak die klippies sulke skadus aan die kante. Dis vreeslik mooi.

Ek sorg dat die klippies niks groter as my duim nael is nie.  Hulle kan so bietjie kleiner wees, maar niks groter nie.  Ek sit in die sitkamer en kyk vir die see.  Dis so mooi vandag. Die wind is stil.  Die son is lui en die see lyk soos ‘n bruid wat in ‘n gang afgestap kom.

Ek kyk na die klippies in die bottel. Maak my een oog toe en korrel-korrel met my oog deur hulle om die son aan die anderkant te sien.

Sal die klippies klein, kleiner, kleinste wees…

Of groter, groter, grootste?

Klein, Kleiner, Kleinste dink ek.

Toe die son met sy vet maag so aan die see begin vat-vat, stap ek buite toe, tel ‘n klippie op en gooi hom in die fles.  Ek sal more tel.  Of later vanaand as ek nie kan slaap nie.  Dis soos om skape te tel. Dis ‘n plan, ek sal vandag se klippie ingooi, dan gaan stap en heelwat later die fles uitskud.

Ek maak die deur agter my toe.  Ek het nie ‘n sleutel vir die deur nie.  Net die buite deur wat garage toe gaan, maar die sitkamer deur wat op die tuin uitstap bly maar oop.  Hulle sệ dis feilig so.

Ek vat die boonste stofpad wat verby die Mombakkies man se huis loop.  Ek stap vinnig.

Toe ek op die strand kom, stap ek stadiger.

Trap-trap…skop-skop..trap-trap…skop-skop

As die son in die see val, dan word dit koud.  Ek sal net nog ‘n rukkie stap, dan omdraai en terugstap.  Ek behoort dan teen donker in die onderste stofpad, verby die kafee te wees.  Dis kortpad, maar niemand sal my sien nie.

Ek kyk vir die see wat nou ‘n donker blou word. Amper ‘n swart-blou.

Dis laagwater.

Dis windstil.

Dis brander-stil.

Ek gaan sit op die sand en begin sirkeltjies in die sand teken. Om en om. Rond en Rond. Vee dood, teken weer, vee weer dood en teken weer.

Toe word my kop stil. Dankie God…Dankie vir die stilte in my kop. Dankie God.  Dankie Here Jesus. Dankie God die Vader, Seun en Gees. DANKIE!!!!

Toe ek opkyk, staan die vrou wat die bokse wou he voor my.   Haar hare wild in die wind, sproete, los-lap-klere en ‘n glimlag.  ‘n Glimlag soos wat ‘n bruid sou glimlag. ‘n Baie spesiale glimlag wat mens net een keer in jou lewe glimlag…net een keer.

“Oppas, my vriend, eensaamheid bekruip jou soos ‘n skilpad ‘n blaarslaai-tuin sal bekruip. AS jy sien, is hy daar.” Sệ sy

“AS jy weer sien, is al die slaai op”

“Hallo Dingetjie” sệ ek.

“Hoekom het jy nie die bokse gevat nie?” vra ek.

“Want ek het my goed sommer in my hart ingepak”.

Ek staan van die sand af op, draai om en skud die sand van my boude af. Toe ek weer voor my kyk is Dingetjie weg.

“Oppas vir die eensaamheid, sy kom stadig” hoor ek haar woorde.

Dit maak mens nogal bang.

Kop, word net stil. Ek het nou net vir God en Jesus Christus dankie gesệ dat die geraas stiller word.

Ek gaan sit weer op die sand. Dis koud onder my boude. Sirkel, doodvee, sirkel, doodvee, sirkel, doodvee. Stil, stiller, Stilste…

Dis donker toe ek by die huis aankom. Ek stap om die huis, by die oprit op en dan by die tuindeur in.  Ek stap tot by my voordeur en toe ek die deur wou oopmaak, skrik ek.

Dis so stil hier. Ek het nie eens my eie voeteval op die skulpie-pad gehoor nie. Dis so stil.

Toe ek omkyk, is die skulpie-pad weg.

Hoe is dit moontlik?  Wie het die skulpe kom vat?

Ek gaan hurk op die plek waar die skulpie-pad moes wees en teken sirkels in die sand. Om en om en om en om en om.

Doodvee…sirkel…doodvee…sirkel…doodvee…sirkel…toe stil.

“Toktokkie Tokkie Tokkie maak oop die deur…” sing ek terwyl ek sirkel maak met ‘n stokkie.

Ek hoor ‘n voeltjie skreeu vanuit die boom.  Hy sệ nag.

Ek sien blink ogies onder die Spekbos…akkedis sệ nag.

Ek het nog ‘n paar ronde spoelklippies opgetel. Ek sal hulle eers wegsteek, tot more. Dan kan ek hulle blink vryf en een vir een…dag vir dag…in die fles gooi.

Dis middernag.

In die donker haal ek die fles van die vensterbank af.  Skud die klippies uit. Tel een vir een op en gooi hulle terug in die fles.

Ek tel 90 klippies.  90 Klippies beteken 90 dae al hier.

My klippie-kalender.

My kop-kalender.

My hart-almenak.hondeklip sunset.

Advertisements

2 thoughts on “KOPREIS (5) die klipfles.

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: