KOPREISE (4) Die werklikheid word dof

Ek is ‘n stoepsitter vir drie dae.

Die resep raak makliker en ek raak die smaak gewoond.

My kopstemme word harder.

Dis die aand van die derde dag wat ek op die stoep sit.  Soggens kom die son aan die plat kant op en saans sak hy in die see in.

Die deur wat van die oprit af inkom ,by my voortuin, bly toe. Ek het hom wit geverf met ‘n paar skulpe wat ek aan vislyn vasgemaak het om as versiering te dien.

Gelukkig kan die deur sluit.  Ek sien die see soggens. Potblou. Mooi blou. Blou blou.  Laat middae is hy weer silwer blou soos die son daai kant toe beweeg.  Dis ‘n blou met duisende miljoene blink sterretjies.  Soos die sparkles wat mens op verjaarsdagkoeke sal sit.  Sparkle, Sparkle, blink-blinker-blinkste.

Ek staan van die stoel af op, rek my rug uit, stap kombuis toe, sit die ketel aan, maak koffie, terug stoep toe, sit, drink die koffie, sit die koppie langs my op die vloer neer en dan weer rus.  Later is alles weer van voor af.

Rek my rug uit, stap kombuis toe, sit die ketel aan, maak koffie, terug stoep toe, sit, drink die koffie, sit die koppie langs my op die vloer neer en dan weer rus.

Dit het soos ‘n ritueel geword. ‘n Gewoonte. ‘n Matra.  ‘n Meditasie. Dis asof die stemme in my kop stiller word.  Die vrou wat die bokse wou leen pla my.

Hoekom het sy verdwyn?  Hoekom wou sy nie die bokse he nie. Ek sal die bokse vol skulpe pak.  Eers die groter skulpe in die bodem gooi dan kleiner skulpe bo op.  Ek moet seker maak dat ek die skulpe met gaatjies in kry.  Daardie skulp wat die wind, see en jare nerf af geskaaf het.  Dis hulle wat nuwe lewe moet kry.  Kry ‘n mens wat nerf af is ook weer ‘n tweede kans?

Ek staan van die stoel af op, rek my rug uit, stap kombuis toe, sit die ketel aan, maak koffie, terug stoep toe, sit, drink die koffie, sit die koppie langs my op die vloer neer en dan weer rus.  Later is alles weer van voor af.

Die bokse moet met masking tape geplak word sodat die skulpe nie uitval nie.  Ek sal sorg dat hulle stewig is.  Dit pla my tog dat die boks gaan nat word en uitmekaar val van die klam skulpe.  Boks materiaal trek mos vog aan.

Ek sal die bokse met swart sak uitlệ. Of ek kan die skulpe in swart sakke gooi, dan in die boks sit en dan kan ek die boks met ‘n tou vasmaak en dra.

Hoe laat is dit? Ek het nie ‘n horlosie nie.  Ek skat, volgens die son se posisie, dat dit omtrent 12 uur of een uur moet wees. Ek tel die bokse op en dra dit kombuis toe.  Ek kan nie nou bekostig dat iemand dit steel nie. Waarmee gaan ek die skulpe aandra?
Ek is angstig hieroor.

Ek is honger.

Ek sal iets moet eet.

Die resep was eers moeilik, maar hoe meer ek dit maak, hoe makliker word dit.

Vetkoeke met self raising flour.

Botter.

Bovril.

Tee.

Nog ‘n vetkoek.

Botter

Bovril

Tee.

Ek staan van die stoel af op, rek my rug uit, stap kombuis toe, sit die ketel aan, maak koffie, terug stoep toe, sit, drink die koffie, sit die koppie langs my op die vloer neer en dan weer rus.  Later is alles weer van voor af.

Kan God my hoor?  Bid ek reg?

Eet jou vetkoek en hou op dink.  Vat ‘n slukkie soet tee met elke hap vetkoek.

Eet jouself stil – hoor ek my kop praat.

Dis siek, fluister ek

Eet jouself stil – kop

Ek gaan dik word – fluister.

Maak ekstra vetkoeke vir more.  Dalk vir die nag.

Ek word snags wakker, wanneer alles donker en stil is. Ek hou daarvan. Dis dan wanneer ek gaan stap.  Ek stap die agter pad om strand toe.  Die voorste pad is te veel in die oog.

Die agterste pad is verder, maar dis verby een huis en dis waar die man bly wat soos ‘n mombakkies lyk.  Hy sien my gewoonlik nie.  Dalk kruip hy ook agter ‘n mombakkies weg.

Mombakkies?

Stemme in my kop?
Stemme in my ore?

Ek sit ‘n paar vetkoeke in ‘n plastieksakkie en bind dit toe.  Dis vir later.

Alles is altyd later. Later slaap, later dink, later stap, later praat, later hoor en later doodgaan.

Vir hoe lank gaan jy nog swart dra?

Vir baie baie lank…vir altyd.

Dit gaan haar nie terugbring nie.

Ek weet.

Koop nuwe klere, gooi weg die swart.

Ek sal nie

Dit sal haar nie terugbring nie.  Sy is dood.

Blyfokkenstil…bly stil…Bly stil…

Ek staan van die stoel af op, rek my rug uit, stap kombuis toe, sit die ketel aan, maak koffie, terug stoep toe, sit, drink die koffie, sit die koppie langs my op die vloer neer en dan weer rus.  Later is alles weer van voor af.

Jy kan nie vir altyd wegkruip nie. Jy gaan ‘n kluisenaar word.  Ontmoet nuwe mense.  Maak die bokse vol skulpe.  Ryg skulpies deur die tou. Trek die swart uit.

Ek dink ek gaan mal word.

Dit gaan haar nie terugbring nie. Sy is dood.

Dis sulke wrede woorde.

Ek het laatnag eers van die stoep af gestap, kamer toe.  Dis baie laat en koud.  Ek sal gaan slaap. Die wind het opgehou waai. Ek sal skulpies gaan optel, ek belowe.  Ek gee jou my ere woord. Regtig egtig.

Ek weet nie hoe laat dit is nie, maar die geluid maak my wakker. Voetstappe.  Soos ‘n krap-stap.

Stap, stop, Stap, stop, vinniger, stadiger.  Toe ek by my venster uitloer sien ek ‘n skulpie paadjie. Dis so mooi. Ek het tog die skulpies gaan optel. Ek het dit reggekry.

Nou kan ek verder rus, more sal ek nog skulpies gaan optel.

 

 

 

 

Advertisements

One thought on “KOPREISE (4) Die werklikheid word dof

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: