DIE MONSTERVLAMME

IMG_0063

Ek het pad gegee uit die vinnige baan en op die sypaadjie gaan sit

Ek het vir my ‘n stoel gemaak van akkerblare, wit magrietjies en ‘n paar piesangblare. Om die kante het ek Salie, vir my siel, geplant en ‘n paar tiemieblare vir ingeval.

Toe gaan ek op reis.

Ek het my gedagtes en baie dink by die huis probeer los. Dit het nie gewerk nie. My kop het saam gereis.

Toe ek voor die Blue Mosque in Istanbul staan, opkyk en my oe toemaak, toe hoor ek vir die eerste keer die klank van vlamme (nie die geknetter van hout op die vlamme nie). Vlamme klink soos monsters in die donker.

Ek het omgedraai, weggeloop en appeltee by die mark gaan drink, toe dink ek…

Ek hou glad nie van die woord “Coffee shop” nie. Dis aaklig.  Dit laat my dink aan mense met computers, slimfone, tablette en duur skoene.

Ek hou van die woord, Keffie.  Dis mooi. Keffie is die klank van kunsternaars, briewe, potlode, papier, boeke, sigarette en baie dink.  Die keffie op die hoek waar ek vrede vind. Dis waar die groot dink weer by my kom inkruip het.

Die dag toe ek pad gee uit die vinnige baan, het die geboorte van ‘n nuwe dink gebeur, die dood van ‘n ou dink, die geboorte van ‘n nuwe mens, en toe staan ek langs haar lyk…sommer net so.

“Wat moet ek nou doen?” het ek gevra.

“Ek het jou toegelaat op spectacular te wees” het sy gesệ.

Daardie dink bly by ‘n mens, of jy in die vinnige baan stap, of in ‘n blommestoel op die sypaadjie sit, dit bly.

Dag in en dag uit, tree vir tree, trap vir trap, heet ek haar gesoek.  Maar nooit gekry nie.

Aand na aand het ek die vuur aangesteek om haar stem weer te hoor, maar dit was net die geblaas van vlamme.

Die vlamme maak my kop deurmekaar.

Die vlamme maak my bang…

Toe luister ek na die klank van die sneeu wat val…dis toe wat ek haar stem hoor….

“I allowed you to be spectacular…”  Daardie dag het ek gesmile…

 

Die verlang na iemand wat dood is, hou nooit op nie, maar die verlang na iemand wat besluit het om dood te gaan brand soos monstervlamme in die donker…dit kan mens uitbrand.

 

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: