Toe ek nog baie klein was, het ek op ‘n dag ver in die veld ingestap.
Tot anderkant die Kameeldoringboom, daar waar die haak-en-steek bosse
woes staan. Daar waar die sonbesies, soos met een asem, skreeu, skreeu en skreeu, daar waar die akkedis op ‘n klip rus, daar waar alles rus.
Daar het ek een aand gaan sit en wag, vir ‘n ster om uit die hemel te val. Ek het bakhand gaan staan, opgekyk na bo en vir God Die Vader gevra dat die ster in my handpalm val. Ek het vir God Die Seun Gevra om die ster los te maak uit die hemel en vir God Die Heilige Gees gevra om my aan die slaap te sus, sodra die ster in my handpalm val.
Die ster het uit die hemel losgeskiet en tot in my handpalm geval.
Ek het hom bekyk, blink gevryf en toe onder my kussing gaan sit, sodat my kop stil moet word…doodstil.
Leave a Reply