Op ‘n tyd het ek geglo dat ek my kop by my voordeur gaan los en dan op reis gaan na plekke baie ver hiervandaan.
My kop het saam met my gereis.
Ek het hom in die see probeer gooi, maar hy kon swem,
ek het hom op die berg in Taurmina gaan wegsit,
maar hy kon vlieg.
Ek het hom selfs in Debrovnic se muur gaan insuif,
tussen twee diep gleuwe aan die noorde kant, maar hy
het ook daar uitgekruip…nou sit ek met hom…
My hart gaan gereeld op reis. Ek skryf soms vir die donker steeg in Frankryk ‘n brief,
soms vir die stowwerige gebou met die groot vensters in Griekeland.
Ek skryf altyd.
I Like!! Oulik – so goed gestel. Ek dink daaraan dat dit nou nogal ‘n oulike tema kon uitmaak vir ‘n kinderstorie! (Die diepte van jou skrywe ontgaan my egter nie … die fisiese en siel (emosies) is baie goed hierin vermeng.)
LikeLike
Dankie…ek wou nog op ‘n tyd kinderstories geskryf het
LikeLike