klim saam met my in ‘n akker boom
tot hoog waar die arend
in die toppe sit en droom
help my om elke tak raak te trap,
totdat die bang van hoog in my
maag kom le, totdat my oog tot
oor die horison kan kyk, totdat ek
in die mik gaan sit, met my rug
teen die son, dan, kom sit langs
my, met ons bene wat slap hang
en ons enkels krul en vleg oormekaar.
Skuif tot teenaan my sy
Fluister met ‘n oop keel
naby my oor en se dat
jy my val sal keer.
Leave a Reply