op jou veld voetpad –
duskant die dam en
anderkant die fonteint,
so naby aan die bult,
anderkant die spruit,
onder die slap wilgertak,
stewig geloot aan
jou dik, growwe wilgerbas,
maar net-net om
die draai van my huis,
lê jou klein
blou-spikkel-vink-eiertjies.
Ek gaan staan langs
die eiertjies-klein, buk
af om hulle te voel , te soen
en daar kraak die
eier-klein oop en
jou
kuiken-klein steek sy kop uit
‘n om die rooi-dag saam
met my te groet.
Jy stap op my voetpad
vroeg oggend, nog koud
en nat,
en net agter die
bultjie, duskant die
spruit, stop jy
by my fonteintjie om
die soet soet te drink.
Die soet van my lyf.
PUIK!
LikeLiked by 1 person
Jaaa? Jou verlede kom baie diep, seer en ver …
LikeLike
Een van my ander gunstelinge uit jou pen…
LikeLike
Dankie dat jy lees….
LikeLiked by 1 person