soos in Griekeland,
soos in Turkey
soos in see en son,
ver ver hiervandaan.
Soos in my gedagtes
en soos in ver voetpaaie,
waar kruip jy weg my kwikkie?
In watter gras-gevlegde nessie
loer jy met jou skerp koppie uit,
kraalogies wat my nader roep,
sonder ‘n woord, kruip, kruip, kruip.
Jou gras-nessie, versigtig, sorgvuldig
gevleg, oor en weer, in en uit,
heen en weer
dan weer van voor af.
Vleg….Vleg…Vleg my vinknessie
soos ons lywe in die
son, soos ons vingers
in die nag, soos ons
tonge in die oggend stond
Vleg vir my ‘n nessie,
net soos ‘n voeltjie in die
lui-slap wilgertak, en
laat die wind ons wieg,
heen en weer…heen en weer.
Laat jou asem in my wieg,
Laat jou woorde nooit vir my lieg
Laat my hartklop op
jou nessie rus
sug saggies oor my lyf
rus sag, rus sag.
Leave a Reply