ek gooi my te-veel-dink in
die oeroue klipstoepie.
ek drup die roof van my siel
in die ou ou klipmuur.
Ek giet die nuwe asem
binne in die krakies van
klip-harde-muur
Ek tap die moeg uit my rug
tot op die warm songebakte
klip, my oeroue stad…
my Croatia, My Debrovnic
Leave a Reply