elkeeen van ons het
‘n stukkie Gordonsbaai in ons
ek het ‘n akkerboom in my,
jy het akkers in jou,
ek het ‘n korreltjie sand in my,
jy het ‘n uitgestrekte strand in jou,
ek het ‘n kokon in my,
jy het ‘n spikkel-mot in jou
ek het ‘n lammertjie in my,
jy ‘n wolnessie,
ons het almal ‘n stukkie
drie anker baai in ons.
‘n drie anker waar die
dood op ‘n muurtjie
wankel.
Ek het vasgehak by die “spikel-mot”, omrede ek gedink het jou kokon verwys na “masker” – maar het begrip gekom. Baie mooi gedig!
LikeLike
DANKIE BAIE
LikeLike
Ek hou van Gordonsbaai se water, dis waar elkeen deel ń stukkie van ń herinnering of ń plek met ń ander, die intensiteit verskil en ook die gevoel hetsy positief of negatief. Iets waarmee elkeen hul kan vereenselwig. Mooi….
LikeLiked by 1 person