die dag toe die rivier my
binnestem oopgemaak het.
die rivierboot sus my
soos ‘n baba-wieg…
heen-weer…weer-heen
bakboord na stuurboord.
oor een weer, heen en weer.
die dag het die wal my
val gekeer.
die dag het Frankryk vir
my asem gegee,
die dag het die Heen-Weer
my van voor af
laat voel.
Somer 2001 (Frankryk op ‘n ‘riverboat’)
Luuks
Duur
Welaf mense
en ek….
Ek staan op die dek van die ‘riverboat’. Dis nagemaakte plastiekgras. Dis begin somer. Dis die begin in my. Dis die einde in ander. Dis die middel van groot gebeur.
Die rivier ruk my hart uit en gooi hom bloots-kaal voor my voete neer.
Frankryk ruk my dink uit en gooi dit op platteland neer.
Dis toe ek gestroop word van alles. Mense. Telefoon. Digitaal. Sigaret. Oorlog. Reels. Vloek. Hekse en Dwergies.
Toe staan ek kaal (op ‘n luukse rivierboot) en wieg, soos die gedig…heen weer – weer heen.
Ver van die huis. (Maar ek voel tog ek sit in my huis)
Terug in my kersfeeskombuis.
Terug by myself….
En ek besef dat ek nooit weer dieselfde gaan wees nie.
Mens verander dadelik….vinnig….in die NOU….Dis Goddelik.
*foto is geneem vanaf a tv skerm waarop ‘n ou video tape footish van is. Swak gehalte maar vol siel.
Leave a Reply