spanje se platteland…
wat kan ek tog van jou se
Dalk wil ek iets oor die fiets
se waarop ek sit…wat uitgecrop is.
Hierdie foto ontstel my.
Hier is nie ‘n storie of ‘n gedig aan hierdie kiekie vasgespeld nie. Dit is net ‘n vertel.
Somer 2001 – Spanje
Ek was nog nooit lief vir fietse nie. Maar vandag kyk ek na hierdie uittreksel (nog geneem met ‘n ou video camera-tape, nie digital nie.)
Die fiets se ketting het halfpad iewers tussen verdwaal en frustrasie afgeval en ek kon dit nie weer opkry nie. Hoe ironies is dit nie? Hoe skokkend as ek vandag daarna kyk?
vir een of ander rede het die ketting afgeskiet en ek moes die fiets terugstoot, en dit was ver. Ek was moerig.
Vandag:
Ek is moertoe geskok, want ek verlang na haar en in die naam van fiets is sy weg.
“n Fiets se speek het dwars in my hart kom steek en my hele lyf vergiftig….
(ek gaan nie verder aan hierdie post skryf nie. ek kry dit nie reg nie. Al wat ek kon doen is om die fiets uit te crop…dis beter….koebaai fiets…)
Soms is die enigste manier om te verseker dat die môres aanhou aanbreek júis om die fietse uit ons lewens te crop.
Ter wille van ons môres se voortbestaan.
Ek myself kan die beginsel nou uiteindelik na baie jare heelhartig verstaan…
LikeLiked by 1 person
dankie
LikeLiked by 1 person
Jy doen baie goed. Hou net aan skryf, totdat die dag aanbreek dat jy nie meer “hoef” uit te crop nie. omrede verlede nie meer seer maak nie. Hoe kom ‘n seer werklik tot genesing? soms is ‘n ordentlike operasie nodig! Dieper sny. Hou net aan … jy doen baie goed. Jou gedigte spreek baie. Ander mense het dit vorentoe nodig!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLike
Treffende beeld van die fiets se speek. En ek stem saam met Spokie se kommenaar hier bo.
LikeLike