meng my onthou met
jou groen wat my toevou
met jou Kameel-nek
bome kronkel om en rond
Soos die dinge en goeters
uit my kronkel, Kameel-Nek pad
Soos die oortollig uit my rol
soos die heuwels in Chianciano Terme,
maak die nuwe sien in my oe oop
soos die klipstraat in Sienna
Krummel al die mense om my weg
soos die Kaas in Pienza Val d’Orcia.
Laat my alleen loop, sonder dink
maar groot hoop iewers in
Montepulciano, Montalcino.
want al wat ek oorhet is glo.
Glo….Glo….Glo…en Tuscany het
gese…Follow the signs. seguire le indicaziono
Somer 2002
Ek wil alleen stap. Op my eie, sonder iemand wat vrae vra, sonder iemand wat my aandag aftrek of iemand wat my op ‘n ander pad vat as wat ek wil loop.
Dis die loop terug in myself , totdat ek die roof van my seer kan afkrap (of beter soen).
As ek daai roof kry, wat dalk nog ‘n oop wond is, sal ek bid en God vra om dit te genees. Soos die wond gesond word, moet my siel ook gesond word. Iets het iewers uit my sak van genesing en geluk geval en in ‘n groen koringlad geval om daar te groei. Ek wil in die groen land gaan le en wag totdat die onthou en heelmaak weer in my wortelskiet en groei tot mooi gesonde korreltjies….wat rol en rol….
Baie diep. Baie mooi. Dis goed om die siel in woorde af te skil.
LikeLiked by 1 person
baie dankie. dis maar my dagboek van my reise deur europa.
LikeLike