MY KUSSIDASIE-KUSSING – MY NUWE VRIEND

kussidasie

ek is nie bang

as ek alleen is nie.

Dit is beter as gister,

Ek het die lig gekry

en ek skyn

ek kan nie onthou wie

ek gister was nie.

Die siel wat nou in my

hart tango is my nuwe vriend, my nuwe maat.

Somer 2001

Salig. Rustig. Tevrede. Tuis. Volg die tekens…follow the signs…

En toe ek val, land ek in hierdie veilige plek.

Kussidasi, ek maak jou die kussing vir my kop, die mat vir my lyf, die dink van brein in die lief van my hart.

Kussidasi, jou Byzantine kasteel het die horison gestreel, totdat ek veilig tot by jou geval het. My nuwe siel is my nuwe vriend. ons stap saam.

Kussidasi, jy het my laat onthou om alles vantevore te vergeet, nou is ek stil.

Nou rus ek.

Nou wag ek.

More sal ek verder val.

‘n Bekende kom verby gestap. Ek draai my kop weg sodat hy my nie moet sien nie. Nog ‘n bekende mik na my kant toe. Ek maak my oe toe en val net ‘n bietjie verder, want ek wil een-alleen bly.  Ek kan nie die tekens volg saam met iemand nie. Dis net ek, want ek val alleen. Gister is Gister….ek volg die volgende tekens tot anderkant die Byzntine kasteel. Daar sal ek weet….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: