ek kleur jou in
met blou,wit en pienk.
jy kleur my in
met jou kyk,lag en soen.
Somer 2001
Soms moet ‘n mens honderde klein trappies opklim, totdat jou kniee seer is, jou enkels kramp en jou kuite knoppe trek, net om bo uit te kom….
Wanneer jy dan bo uitkom, sit jy jou seer knieg in ‘n sakkie en blaas dit maan toe, gooi jou enkels wat kramp in ‘n bak soutwater en gooi dit in die see en maak jou kuite aan ‘n ballon vas en stuur dit wolke toe.
Dan, eers dan, groet jy die rooidag met ‘n soen.
En dan eers soen die pienk bougainvillea jou op jou bleek wange. Dis toe ek bloos en se: “Ek het jou lief, kom dans saam met my oor jou eiland, tot in die witgekalkte huise, tot onder ‘n rietdakkie en dan, eers dan, soen ek jou , Griekeland, net om hallo te se….
Jy se dan vir my: “Galanomatis……follow the signs…..volg dit.
Leave a Reply