Sy praat sag in my oor
Sy dans ritmies-stadig.
Sy sing en
vra: “Hoe dit gaan?”
Somer 2001
Soos ‘n dier wat uit ‘n trop geskop word, stap ek nou op my eie. My eie ritme. My eie asem. My eie kyk. My eie hartklop.
Is dit moontlik om so alleen te wees (nie eensaam nie).? vra ek vir myslef toe ek met die nou paadjie afstap tot onder by die strand in Sicily, Italie.
Die paadjie is klipperig. Die see blou en deurskynend.
Ek haal diep asem, in-uit-in en weer uit.
Ek wil jou proe, ek wil jou van my bolip aflek, my geliefde Koffie, my Cappuccino.
Vir jou wil ek ‘n dans dans en ‘n liedjie skryf. Vir jou wil ek my alleen gaan wys. Want ek wil langs jou kniel en vir jou vra om my deel van jou heuwels te maak…want ek wil alleen bly, maar ek wil tog jou hand vat en ver gaan stap, my liewe Sicily, My Italie, My see, my koffie……
En jy antwoord : Volg net die tekens, jy sal daar uitkom.
Leave a Reply