Daar was ‘n man wat in ‘n baie klein dorpie gewoon het. Sy naam was Ummah. Geen mens het ooit geweet hoeveel mense werklik in daai dorp gebly het nie. Dalk 4 dalk 5. Dalk meer. Ummah was getroud met Sulamania. Sulamania was skaam, teruggetrokke en slang-agtig. Sulamania het nie eintlik vriende gehad nie, maar toe kom daar ‘n dag wat sy wel ‘n vriend kry. Butriya was beeldskoon mooi. Toe op ;n lente dag gaan stap Sulamania en Butriya in ‘n park met die mooiste tuin. Sulamania sê die tuin is bietjie deurmekaar, sy hou van ‘n netjiese tuin. Butriya sê toe “Moenie worry nie. ‘n Tuin is ‘n tuin. Ek is hier.”
Die bome was groot en dit was ‘n sonskyn dag. Vir ‘n beter dag kon jy nie vra nie, sê Bitriya. Ja, is al wat Sulamania kon sê.
Om Sulamania se nek het sy ‘n goue hangertjie en in die hangertjie is ‘n foto van haar man, Ummah.
Wat gaan van ons word? het Bitriya vir Sulamania gevra.
Glo net, dis al wat ons kan doen
Glo gaan ons nerens bring nie, ons moet doen ook.
En daar, langs ‘n Arondslelie gryp Sulamania vir Bitriya en soen haar.
Die son het agter ‘n wolk in verdwyn.
Die hangertjie met Ummah in het in die aflooppyp van ‘n badkamer beland.
Sulamania sit en huil op ‘n klip terwyl Ummah diep in ‘n boombas kruip.
Jare later, seker maklik 20 jaar later, kom daar ‘n man in die klein dorpie aan. Sy naam is Khalifat.
Khalifat was mooi. Mooier as mens homself. Khalifat was eintlik ‘n engel.
Hy het in dieselfde tuin gaan stap waar Ummah in ‘n boombas vassit en Sulamania aan ‘n krans vasbyt vir oorlewing.
Khalifat stap toe na die boom toe en glimlag, baie mooi, stap toe oor na die rots toe en smile nog mooier.
Om ‘n draai sit Bitriya en lag. Almal het gedink Bitriya was ‘n man, maar sy was ‘n Lesbian. ‘n Engel lesbian.
OP daardie dag het Bitriya en Khalifat maar ‘n engel op die dorpie se ‘dak’ gaan sit, net vir ingeval. Mens moet nice wees, anders gaan die son nooit skyn nie.
Leave a Reply