Die wind maak oorlog met die gekneusde
Herfsbome, takke en bruin-bont blare
Die woedende winter winde ruk
my hart soos die mal herfsblare
wat buite op die sementpaadjie
klanke maak soos dowwe oorlogs- krete,
dowwe roepe, dowwe oorwinnings- trompette,
of dowwe bomme
Ek is bang
Ek is alleen
Die donker is vinnig
Alles is drie-en-twintig
Ek is nie alleen
Die luigat-winterson gryp hier en daar
En vat-vat aan die koue grond waarop
die bruin-bontes hulle krete skreeu
om my bang te maak, dis te vinnig
Dis psalm 23 en die bang gaan sit hoog
in die oorlog-boom, hy gaan my vang.
Hy gaan my vang
Hy gaan my vang
Hy GAAN my vang
Die monster in die dennebos
versamel sy blare en sonstrale
Om later vandag nog ‘n
dennebol af te gooi , reguit grond toe
soos oorlog bomme in die donker donker nag
Ek is bang want
Hy gaan my vang
Die oorlog gaan my vang
Die dennebol gaan oor my rol
Dan is ek weg
Dan is SY weg
Dan is winter weg
En alles is eendag weer reg.
Leave a Reply