soos ‘n klein voëltjie in ‘n hokkie
skrik en wapper, op en af, heen en weer
af en op, val ondertoe en vlieg weer teen die
dakkie vas, en warmbos op ‘n takkie
gaan bly sit met groot ogies
soos ’n man wat ingedagte by
‘n oop venster staan, en kyk na
’n mooi-bont tuin, dan
skrik gemaak word, en sy hart
ruk en pluk, val om rol en tol in
sy ribbekas rond en dan slap
kniee op ‘n sagte stoel homself neersit…
Dit is soos die woorde na my toe kom
as ek ‘n gedig vir jou wil skryf
Leave a Reply