HERFSTYD
al langs die grondpad staan
die akkerbome soos ’n
roksoom in ’n ry, dis herfs
en die bome kleur
hulself in met ’n
ander kleur, bruin, geel,
donkergeel of donkerbruin.
Dis ’n ander tyd
dis ’n droom tyd
dis herfstyd wat
my inkleur, net
soos die akkers
hulle doppies afgooi,
soos die blare afdwarrel
soos twee mense in
’n tergende tango.
Dis toe ek ander
musiek in my ore hoor.
dis herfsmusiek.
dis herfsluister.
dis herfstyd op die plaas.
Leave a Reply