ALLEEN

SKY

 

 

ALLEEN
STANLEY CIERENBERG

alleen skyn die son
alleen sweef die maan
alleen blink ’n ster
alleen is tog so ver

alleen blaf die hond
alleen klop my hart
alleen slaap die skrywer
alleen die alleen as dit reën

alleen die bontrokkie
alleen die kantgordyn
alleen die plaashuis
alleen die antie se kombuis

alleen nou alleen
my woord is alleen
my hart is alleen
my een is alleen

alleen soos ’n nagdier
alleen soos ’n bosveldvuur
alleen soos ’n middernaguur
alleen in die skare.

alleen my boogskutter
alleen my tweeling
alleen my vis en ram
alleen is die arm man

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: