DIE BREË STOEP
Op die breë stoep van die ou huis
op die hoek van kerk- en kruis
straat, oorkant die sonskyn-kaffee
drink die oom sy middag tee.
Die antie met die bont blomrok
en flink-regop stap soos ’n stok
skink nog ’n lekselstjie rooibos
vir die oom, dan gesles hul dat dit gons
Die groot, breë stoep met die druppende geut
as dit reën, gorrel gorrel op sy beurt
terwyl die water woerts-wars
by geut bokant die roostuin, uitwas
Ek het jou lief, my lam, my liewe lam
sê die oom met die kous-en-die-kam
wat skelpies uitloer vir nog nuus
of ’n storie tussen hoesê en eksuus?
Die oom skuif sy velhoed so effens
terug en sê vir die antie, kom sit hier neffens
my op die bankie, kom gesels tog
met my oor dit, dat en wat nog.
Dis nou winter in die blou karoo
en die antie lyk maar effens flou
want die oompie en sy hoed-en-kam
is nou weg, vir altyd, vir goed.
Die breë stoep van die ou-ou huis
is nou leeg en die geut huil
as dit reën, die roostuin oud en vuil
die stoep breed en die antie wat saggies huil.
Op die ou end tel die nie-modieuse lief he-er veel meer as die modieuse rondloper
LikeLike
Liefhê-er
LikeLiked by 1 person