AMEN
nou stap ek ’n pad,
en dis ’n nuwe een,
opsoek na ’n land
sonder ’n naam
en ek kyk nie terug
want ek loop deur
son en reën.
’n stem skreeu nou uit…
ek is ’n man wat in
die grafte geleef het
en wie se kettings gebreek is
AMEN
ek was blind
nou sien ek
Sy skreeu nou uit…
“Wat as God teen my was?”
maar ek stap die pad
en ek weet dit is
nou tyd om te gaan,
tyd om te gaan
Ek skreeu nou uit…
“Ek het die pyn oorwin
Ek leef weer!”
Die verlede is
nou vir altyd verby en
ek skreeu….AMEN
Iewers in die wolke,
onder die sterre en maan
weet ek dat iemand
my sal vind
en ek hoor ’n
stem my naam roep
ek hoor haar stem
my naam roep
AMEN
en ek sê vir die pad,
die wolke, die wind
die vuur en die aarde,
dat ek al die skadus
agter my gaan los,
en ek skreeu
AMEN
AMEN
AMEN
Dis verby
“liefde maak gesond,
maar wie maak vir Liefde gesond?”
Leave a Reply