JY IS MY MAAN

tempel

 

JY IS MY MAAN

ek sit op die maan
sal ek bly of liewer gaan
ek sit op die maan
en skreeu-roep jou naam

ek sit op die maan
en vra vir jou,
kom saam asseblief
kom saam, kom saam

Sal jy my nog liefhê
sal jy my nog saamvat?
Sal jy my nog kom haal?
Hier op die blou blou maan

Ek sal moet gaan,
en ek wonder of jy
saam met my wil gaan
ver weg van die blou blou maan.

my taak is klaar en
ek het vir oulaas
en ster gepluk, hom
blink gevryf en onder
jou kussing gaan sit

kom saam, asseblief,
het jy gesmeek, want
ek het jou lief, kom
saam, kom asseblief.

die maan is nou leeg,
koebaai melkweg,
koebaai suiderkruis,
neem my nou maar weg

na lande ver van hier,
na ’n maan sonder gate,
na sterre wat blinker
blink onder my kussing

ek is jou maan
ek is jou melkweg
ek is jou ster
jy is MY maan.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: