EK SIEN

non

EK SIEN

ek sien demone
ek sien engele
ek sien heuwels
en kranse.

ek sien nat strate
liggies en sirenes
ek sien ’n glimlag
en ’n traan, sowaar.

ek sien duiwels
ek sien priesters
en ’n non wat
my probeer troos

Ek sien ’n kind
Ek sien ’n ouma
en ’n oupa op
die stoep wat roep

ek sien ’n mens
ek sien ’n gees
ek sien jou staan
agter die volmaan

ek sien ’n demoon
ek sien ’n engel
wat laag oor my
lê en my siel bewaar

die engel se naam
is nou jy, jou, jou
naam, jou asem
jou gees, jou menswees

want ek verlang na jou
vandag.

ek sien ’n geboorte
ek sien ’n gebrafnis
ek hoor ’n kind sing
ek hoor nog ’n mens huil

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: