HEUNING
druppel-heuning, kom troos my bittergal
skitterblink-soet, jou goudpot se troos
drup nog heuning, net ’n druppeltjie
maak my jou blommetjie voor jy groet
straaltjie heuning, sus my aan die slaap
maak vir Klaas Vakie wakker.
Net ’n druppeltjie in my melk
voor ek gaan slaap, goodnight
Soete heuning, lemoenbloeisel,
aan jou liefde vas, vir ewig,
vat my weg na droomland
waar Klaas Vakie nog wag
Jy, my heuning-by
dansend tussen die veldblomme
walsend om jou goudpot,
singend in my hart.
Leave a Reply