BY DIE VISMARK (KALKBAAI)

 

 

 

 

vismark

 

 

BY DIE VISMARK
(Kalkbaai)

“maak oop daar, hou hom vas”
“krap die skubbe af, hou vas”
“Nee man, vlek die snoek oop”
“hy is lekker groot, kyk net”

die skuite het propvol ingekom
daar anderkant staan Smiley
trots op die snoek, gestut
teen ’n ou geroesde drom

met ’n blou skryfblok in sy hand
en ’n bic pen, skud-skud, want
sy ink is droog en daar moet
prys gemaak word vir die vangs.

“Kom Smiley help my met die krat”
“Ja, Tina, hou op my gat krap”
“Kom Smiley die customer wag”
“Tine, laat hom wag, laat hom wag”

Die skuite wieg heen en weer
moeg van vroegdag se inspan
Jak, Goosen en September
sluk die soetpyp af, lekker man

en daar krap en kerf die
vroue by die sementblokke
snoek, geelstert en harder
“Dankie Onse Vader”

bid Meisie hardop terwyl
sy die snoek se kyte
uitsny, Dankie Vader vir
daaglikse brood, Dankie.

Die vismark maak sy geraas
van mense wat lag
en engins wat raas
vrouens kerf en skraap

dat die skubbe spat
tot in die hawe se water
’n snoekkop trek deur
die lug en val kaplaks

in die water en sirkel
sirkel die water om en om
totdat Meneer Rob die snoekkop
parmantig hap en wegduik

Dankie Vander vir Daaglikse brood
Dankie Vader vir Daaglikse brood
Dankie Vader.
Dankie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: