dis ’n volmaan-aand
en ek vra vir jou
om ’n klossie spierwit
sewejaartjies te gaan pluk
sodat ek die klossie
blommetjies langs my
bed kan neersit
vir wanner ek vir jou bid
my gebed is eenvoudig
en maklik-praat
na onse Here God
“stuur vir my ’n engel”
met ’n maklike
AMEN aan die einde
en dis dan wanneer
die maan deur die venster
na my sewjaartjies
loer en die fyn blaartjies
blink politoer
dan lê ek my kop neer
op die wit kussing.
Kom rus nou
Kom slaap nou, my
geliefde sewejaartjie
Leave a Reply