DIE VLIEËR
netjies elke lappie en stokkie
elke hoekie en stertjie
wapper jy in die wind
soos ’n baljarende kind
die wind ruk en pluk aan jou
jy duik af en waai om-en-om
tot jou rooi-bont stert
agter jou skoppelmaaai
en aan die dun
bleek-wit toutjie met
’n gladde brawe houtjie
klou die laggende kind kop na bo
plesierig op sy een knieg
en arms soos ’n gebed
na bo kyk hy hoe die bont
lap en stert die lug in vlieg
met ’n skreeu-lag van
plesier hardloop die kind
agter die wind aan om die
vlieër tot hoog te wind
en om sy arm ’n
stukkie tou gebind
om te keer dat die wind
die vlieër gryp en sluk
en toe raak die tou op
die brawe houtjie tol
om en om en om
tot op die grond
en die vlieër knipoog
met sy roo-bont-stert
vir die knielende kind
koebaai – koebaai my kind koebaai.
Ek het dit nou oor en oor gelees; elke slag anders ‘getoonset’. En dis vir my erg mooi.
Ek het vandag toevallig op jou blog (van jare terug) afgekom nadat ek na gedigte van Ingrid Jonker gesoek het. Dis jammer dit het opgehou om voort te leef. Ek het orals oor gelees daarin. My soeke na nog van jou skrywe het my toe hierheen geneem. Ek hoop daar is nog baie ander.
Ek wonder hoe my interpretasie van DIE VLIEËR vergelyk met die bedoelde…
LikeLike
Dankie Conrad. ek werk nou gereeld op hierdie blog. hou hom gerus dop
LikeLike