jy het my hart in
die mooiste kringe laat dans
jy het my siel gewierook totdat
die lag ’n wierookkring geword het
saam het ons oor
heuwels gedans totdat
die son bloed-rooi-gloede
op die horison gemaak het
met moeë lywe maar
smeulende harte en
liefde het ons saam onder
die wierook reuk gedans
kiertsregop soos n vlagpaal
staan jy daar en sweef
op die maat van ’n drom, soos ’n
vlieer en sy maat
God weet, die laaste
wierook het sy laaste
rook-sirkel in my menswees
kom sirkel, want die wind is nou stil
sjuut, sê die wind
goodnight sê die wierook
goodbey sê die vlieër
wat moedeloos wapper in die wind
weg
ver weg.
God weet waar is weg.
Leave a Reply