DOOD VAN ‘N GELIEFDE

DOOD VAN ’N GELIEFDE

vroeg in September
skryf ek vir jou ’n versie
en onder in die emmer
brand my talent soos
’n verjaarsdag kersie

later in september
bak ek vir jou
outydse kleinkoekies
met baie gemmer en
klein bietjie outyds-liefde

jy spook saans in my
bedags sit ons in die tuin
tussen druiwe en pruim
bome want ek
wag vir jou
jy het toe vir altyd verdwyn

daardie jaar toe jy
verjaar en daar
was niemand vir wie ek
kon sing:
Lekker verjaar, lekker verjaar

want my versie en
my opgemaakte liedjie,
outydse gemmerkoekies
betekend nou niks
my talent iewers in ’n hoekie

dis waar.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: