DIE DRUIF
die groot dink aan jou
rank in my soos ’n wingerd
gedagtes en onthou wat gryp-gryp
soos jong takkies aan die rank-draad
koorel-trossies wat hang soos ’n
konings-kroon blink van ou onthou
korrel-oog hou ek ’n druiwe korrie
teen die oggend-son
en ek dink aan die omgee van hom
toe ek die korrel-ronde-druif oopbyt
glimlag die soet in my mond
doer agter in my keel tot in my
wang-holte waar ek vir jou wag.
Leave a Reply