DIE BONTSPUL
dis ’n rolbos-tol-bos
dwarrel en skarrel
in die wind
dit is vanjaar
’n drup-drup
nat winter
en ’n droë bosveld
waar ’n doringboom
in die songloed droom
dis my rond-en-bont
gedagtes soos die
huisies in die bo kaap
wat my tot laat
in die aand in ‘n
liefdesbrief na jou vra
kom see
kom strand
kom brander
kom son
kom lag
kom hart
kom kleur my in
Leave a Reply