ek moes seker vir jou gewag
het tot die laaste roep
van die roofvoël wat
klap klanke vir altyd in my
ore kom neerlê het
ek kon nie wag tot die son
uitkom en die kroonarend
sy kloue in ’n lammertjie
slaan, en dis bloed, bloed
ek het vir die dwergarend
geknipoog toe ek op die
karoopad verby ’n telefoon
paal jaag, oppad na jou toe
om die kroonarend van jou
af te hou, die kroonarend
wat knal geluide in my
ore kom oopskiet het.
ek sien in my truspieëltjie
die jagarend, koekoek en kwartel
in ’n dwarrelwind baljaar
totdat die son weer opkom
die stormvoël en walvisvoël
het in die doringboom
vir my verklklappend gewaarsku
en ek hou die kroonarend af.
dis bloed
net bloed
ek kon nie wag tot die son
uitkom en die kroonarend
sy kloue in ’n lammertjie
slaan, en dis verby
soos fluit fluit my storie is nou uit
en fluit fluit van die
bergeend, bergkanarie en bergpatrys
wat my terg tot in my graf….af.ROO
Leave a Reply