DUWWELD EN DWARS TOT DIE DOOD

dank god die reën het gekom
en alles kom oormekaar gooi
en duwweltjies in die voetpaadjie
afgespoel tot by die krale, suipings
hekke en dongas,
waar jy my liewe lam jou dors
gaan les en ronddwaal
met sonsak
en met jou klein blêr-lam-krete
roep na die hemel daar bo
want die duwweltjies
groei nou in die uitgetrape
veld waar jou gaan wei het
my lam…
waar jy wou eet
my lam
waar jy wou rus
my lam

die swam op die duwweltjie
het jou vergiftig
my lam
tot jy daar bly lê het…
dikkop
alleen
seer
en toe reën dit saggies
tot die volgende droogte….
totsiens, my Lam…totsiens.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: