ek moes seker vir jou gewag
het tot die laaste roep
van die roofvoël wat
klap klanke vir altyd in my
ore kom neerlê het
ek kon nie wag tot die son
uitkom en die kroonarend
sy kloue in ’n lammertjie
slaan, en dis bloed, bloed
ek het vir die dwergarend
geknipoog toe ek op die
karoopad verby ’n telefoon
paal jaag, oppad na jou toe
om die kroonarend van jou
af te hou, die kroonarend
wat knal geluide in my
ore kom oopskiet het.
Leave a Reply