BABINSKI EN SY SIDE BOARD

TANNIE HESSIE EN DIE SPATARE.
Dis vroeg somer en almal sê dit gaan ’n baie warm word hierdie seisoen.

Ons het maar gesorg dat die leivore vroeg al vol water is sodat ons die tuine en groente nat kan kry voordat die somerson alles verskroei.

Nou my Dierbaarheid, hierdie seisoen het met vreemd begin. Dis asof die hele wêreld op sy kop gegooi is en dan nog omgerol word totdat hy so dronk is dat geen mens kan regop bly nie.

Die begin van somer beteken dis die begin van die feestyd en almal skarrel om ekstra geldjies bymekaar te maak vir daardie krismis kos, geskenke en die vrugtekoek wat geen mens meer kan bekonstig nie.

Dit het by Mister Babinski en sy antieke winkel begin, toe deurgeloop na die oom toe met sy brandewyn en geiendig het by Joons familei. Dit was n aardigheid. Ek weet nie of ek hierdie storie wil oorvertel nie, ek kan verkla word by die magistraat.

Ek wil nou nie skinner of slegpraat van die mense hier rond nie. Maar verstaan, klein dorpies praat mos maar so onder mekaar. Dis nie skinder nie, dis omgee vir ewemens.

Die volgende woorde is nie my woorde nie, ek wil dit net baie duidelik maak. Ek gaan nie moeilikheid aantrek na my kant to oorlat ek ander mense se woorde gebruik nie, maar wag, kom ek begin van voor af. By die begin.

Soos ek nou gesê het is dit begin somer en kerfees kruip nader en almal soek ’n ekstra geldjie. Mister Babinski van die antieke winkel vat dan sy kans en gaan na al wat armsalige buurdorp toe om ou meubels by mense op te koop, of hy kyk wie is nuwe intrekkers in die dorp, en slaan dan sommer hier op ons ou dorpie toe.

Hy het so bruin Mazda karetjie wat ook al uitmekaar val en die bande is al goed afgeloop. Hy het ’n Joodse ster wat aan die spieltjie in die venster hang en ’n plakker op die agterkant van sy kar wat lees SHALOM. Geen mens weet wat dit beteken nie. Ek het eendag vir die oom gevra toe sê hy dis maar die joodse taal, ons moenie dit so openlik uitspreek nie, netnou trek ons moeilikheid na ons toe.

Dan gaan hy na die buurdorpe toe, of nuwe intrekkers in die dorp, praat die mense ’n gat in die kop en koop die meubeltjies. Die mense is dan te bly want hulle kan dan geld bymekaar maak vir krismis en vakansie tyd.

Op ’n dag kom daar ’n trek die dorp in. ’n Lorrie vol kaste, stoele, beddens, bedkassies en kiste vol goed. Aan die een kant was ’n hoenderhok met ’n paar lê henne in.

Mister Babinski gaan sit, soos sy gewoonte is as daar ’n ding oppad is, met sy een boud op die kant van die stoepmuurtjie en die ander boud hang slap af. Hy leun dan terug en loer verby die hoekpilaar, so met een oogbank opgetrek en bo-oor sy half-lens-bril

Dis toe daai lorrie intrek dat alles begin het.

Toe die vrou aan die passasierskant uitklim, is dit asof ’n wandelende sirkus by die deur uitval. Sy is dik. Mister Babinski het gesê dat Noag se hele vloed nodig sal wees om daardie knoppe, berge en dale toe te kry as sy die dag wil bad. My mens, ek het maar so agter my hand gelag. Dis vreeslik.

Agter van die bak af klim 5 oopbek kindertjies wat so half stadig en eenvoudig lyk. Oopbekkies nes ’n kasdeur wat nie wil toe bly nie en ’n gesnuif en sniffel, heeldag.

Mister Babinski se toe dat sy so breed is as wat sy lank is. net soos ’n mosbol. Ek het nie geweet of ek moet lag of wegloop nie. Mensig, dit was ’n ding.

Ek vra toe vir Mister Babinski: “En Toe. Wat maak hulle hier?”

Hy vertel toe dat hulle in die huis op die hoek intrek. Daar waar oorlede Mevrou De Waal gebly het.

Maar daardie vrou lyk soos ’n aardbol, met vastelande, pole en eilande, gaan Mister Babinski aan.

Ek het so gelag, my mens.

Ja? het ek hom gepor….

Miesies Benson, het hy gesê, Russia sit binne in die vrou se gesig. Bloedrooi, En England sit hier oor (Jy weet en hy vryf so oor sy bors gedeelte) The white cliffs of Dover.

Ek wou die man eers stil maak, maar die storie kan net beter en beter word.

En op haar neus sit Indie, vertel mister Babinski my.

Hoe so?

Daardie moesie en karbonkel, precious jewels of india, sê ek vir jou Miesies Benson.

“Haai, Mister Babinski, jy kan nie so praat nie. Dis laster” het ek hom probeer stil kry, maar niks nie.

Ek besluit toe om ’n groot vraag te vra:

“nou mister Babinski, waar sit Holland dan?”

“Nee Miesies Benson, ek het nou nie so laag gekyk nie>” \
Aai Foeitog, ek het die vrou jammer gekry en toe maar op ’n dag oorgestap. Sy was maar sku vir mense en een van die kindjies, Rudolfie met die oop bekkie en wat soos ’n gans blaas, het die deur kom oopmaak.

Foeitog, hy wou nog sê dat sy ma nie hier is nie, toe daardie aardbol in die gang verskyn, reg voor my.

Middag Mevrou. Ek is Hessie Benson, groet ek

Sy kyk skreefogies na my.

Vinkie Joons, sê die vrou.

dis toe ek die eenvoud en armoede van die meubels sien, dat ek sommer diep jammer vir die mense voel. Jy weet, dis daardie ding van Honger het met Dors getrou. Die vrou is net so arm soos die man.

Vinkie Joons het toe oor haar spatare begin kla, toe ek vir haar sê ek het net die ding vir haar.

Ek is toe daar weg.

“Sorry, Miesies Benson” roep Mister Babinski my nader toe ek verby sy winkel stap.

“Is daar enige meubletjies wat mens kan koop?” vra die man met ’n stem wat drup van die onskuld.

“Jy moet maar self gaan kyk, Babinski. Ek moet iets vir die vrou se spatare kry. Dis ’n aardigheid”

“Kom drink tee by my”

“Ek is haastig, Babinski en ek het nie nou tyd vir storie maak nie.”
Toe ek by die huis kom het ek in die oom se kabinet brandewyn gaan haal. Sommer die hele bottel, want ’n koppie sal nooit genoeg wees vir daardie dik bene en baie spatare nie.
Ek het in my agtertuin veldknoffel uitgehaal en die bolletjies fyn gedruk en die konkoksie laat trek vir 3 dae.
Die oom wou nog rusie maak oor sy brandewyn, toe verduidelik ek vir hom dat die vrou in pyn is en daardie spatare moet weg. Ons kan weer ’n bottel koop.

Die oom het my byna belet om ooit weer iemand te behandel, en dit oor sy brandewyn.

Ek het dit so na ’n week vir haar gevat.

Middag Vinkie, hoe gaan dit?

Middag Hessie. Goed. is al wat sy gesê het.

Ek het iets vir daardie spatare gebring. Kom smeer dit aan, ek wys jou” en daar voor die vrou op my kniee smeer ek haar bene met die brandewyn en wildeknofel konkoksie, SO van die knie af op.

Ek weet nou nie of die vrou lekker gekry het nie, maar toe sy by my verneem van Mister Babinski, is dit asof ek in my eie spoeg verstik.

Hoekom wil jy weet, Vinkie? vra ek toe, en daar vertel sy my wat die Elendige jood gedoen het.

Sy vertel dat hy gister hier aangestap gekom het, kiertsregop met sy kouse en sandale. Hy het toe daardie sideboard in die oog wat daar gestaan het, en sy wys my so met die vinger.

Hy het gesê dat dit nie veel werd is nie, maar hy kan net soveel betaal. Sy wou nie sê hoeveel nie, maar ek verstaan dis heelwat minder as wat ou Vinkie ingedagte gehad het.
Ons stem toe saam oor ’n prys, al is dit minder as wat ons ingedagte gehad het.
Mister Babinski is toe so opgewonde oor die sideboard en sê hulle kan solank die ornatmentjies afhaal, hy gaan net sy kar by die huis haal dan laai ons hom in. Hy sal sommer die kontant ook bring.

Mister Babinski stap toe daar weg behoorlik knyp knyp om nie te hardlooop om sy opgewondenheid te wys nie. Hy het sy hande agter sy rug vasgehou, sodat sy arms nie te wild moet swaai om hom te help om nog vinniger te stap nie, vertel Vinkie Joons toe.
Toe hy in sy Mazda om die draai kom, verby die Peperboom, en uitklim om sy sideobard op te tel, sien hy ’n ding wat hom stom gehad het.

Daar op die stoep staan die sideboard plat op die aarde, al vier pote morsaf gesaag.

“Ag Meneer Babinski,” sê my man toe vir die jood, vertel Vinkie,

Ons het jou sommer gehelp om die pote af te saag sodat die kist mooi in jou karretjie kan pas. Nou kn ons hom sommer so van agter af instoot.

Mens, was dit ’n ding. Daar koop ou Babbinski toe ’n sideboard sonder pote en die Joons familie het ’n paar sjielings vir ’n krismiskoek.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: