TINA SE SOETPYP

My mens, hier waar ons bly werk dinge kleine bietjie anders as in die groot stede of dorpe.

Ons het nie groot winkels nie, nog minder banke, fabrieke of apteke nie. Ons moet gebruik wat ons het. Onse mense is maar arm en leef op genade van Bo.

Maar waar is my maniere? My naam is Lydia Oortman en ek woon hier in die Moordenaarskaroo. My mense kom van die Kalahari af, maar nadat ek die Oom getrou het, het hy my diekant te gebring en ek is nie vir een dag spyt daaroor nie.

Oom Bissa Oortman het altyd gesê dat ek ’n baie spesiale vrou is, en spesiaal het hy bedoel met baie spesiaal.

Sien, ek het arm grootgeword en by ons was huisgoed maar skaars.

Van kleins af het my ma die gawe vir my gegee en so het die mense in die distrik te hore gekom van dit en van toe af was daar geen keer nie.

Julle sien, hier waar ek by my tuinhekkie staan met my tuin rondom my, staan ek eitnlik binne-in ’n apteek. Is reg, julle hoor reg, binne in ’n apteek en natuurlike die apteker (WAT DAN LYNIA HAARSLEF IS)

Al wat uintjie en genees-ding groei hier. Van Boegoe, Kankerbos, Wildedagga, en dan praat ons nie eens van die kleiner vetplantjies met die ekstra skop nie.

Dit laat my mos nou dink aan ou Tina hier buite die dorp. Die is mos so lief vir die bottel soetwyn. Soos sy hom noem….SOETPYP

Tina is al twee keer wynskool toe om genees te raak van die ding, maar sy kom elke keer net erger terug. Dis net ’n skande en dan het die welsyn nog gedreig hulle gaan haar kinders kom vat. Dit het haar nie laat skrik nie. Wyn sal sy vat.

Laaste Maandag van laas maand stuur sy een van haar kinders na my toe.

Die kind is nog skaars daar by ou Takis se wilkel verby of die oom sê vir my dat dit vir hom na een van Tina se maakseltjies lyk.

Ja Bissa, laat hy maar kom, dit beteken net een ding, die vrou het weer te veel van die soetpyp gevat en nou lê sy, maar ek sê vandag vir jou, ek gaan nie die keer help nie, sê ek toe vir die oom.

Toe daai kindjie voor my staan, raak my hart skoon saf. Ek is ook mos ’n ma en ’n ma se hart bly ’n ma se hart.

Hy sê toe sy ma het ’n slegte nier geval en sy is in soveel pyn.

’n Nierkwaal betekn net een ding, veral as dit by Tina kom

Ek sê toe vir die kind dalk moet jou ma minder by die soetpyp wees en tot bekering kom, maar die kind is byna in trane en sê dat hulle ma besig is om te dood van die pyn.

Ek is mos ’n vrou met ’n hart.

Ek sê toe vir die kind om net daar by die hek te staan, ek kom

Onder die groot wildevye boom groei my boegoe en ek pluk ’n takkie of twee.
“Nee, dit gaan meer as ’n takkie kos om vir tina gesond te kry” dink ek toe by myself.

Ek gaan haal ’n klein kardoesie met kremetart uit die spens. Ek kan nie mooi onthou wat om nog te vat nie, want my antie van Citrusdal het hierdie raad vir my gegee en die is nou al 1 jaar lank dood. Ek dink sy het iets van Klipdagga gepraat en ek pluk toe sommer so met die uitgaan ’n bossie langs die gansdammetjie.

Ek trek die kind toe sommer so aan die mou en daar gaan ons na ou Tina toe.

Toe ek my oge op die ou vrou slaan, toe weet ek hierdie is nie speletjies nie.

TINA sê ek toe

JY MOET DIE DRANK LOS. KYK NA JOU KIND, maar ek weet nie eens of Tina my gehoor het nie, want die is skoon bleek van die pyn

So vat ek toe die boegoe en hotnoskooigoed wat ek hier onder in die vlei gepluk het en ek gooi dit in ’n koppie warm water. Ek vat toe sommer so mespuntjie van die kremetart en meng dit

Ek sê toe ou Tina moet regop sit en daar druk ek haar neus toe en gooi die konkoksie in haar keel af.

Hierdie treksel het skop, Tina, sê ek

Dié gee toe ’n onsmaaklike hoes.

Die res van die konkoksie los ek op haar dressing tafel en sê vir die kind om vir haar weer in te jaag net voor slapenstyd.

Ek trek toe die takkie Klipdagga soos tee en sê vir die kind om dit ook vir sy ma te gee as dinge nie beter word nie.

Ek is toe daar weg en die volgende dag verneem ek dat ou Tiena weer goed op die been is.

Ja, Bisa, sê ek toe vir die oom, ek weet nie of ek die ou vrou mos help nie, want nou het ek haar net gehelp om weer soetpyp te vat.

Die oom vra toe of ek nie dalk iets het wat die soetpyp bitter kan laat smaak nie…

My man, sê ek toe….dalk het ek tog so iets…..maar dis ’n storie vir ander dag.

*SOETPYP IS OBS soos hulle dit in karoo en namakwaland noem.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: