LYDIA OORTMAN EN DIE NATMAAK

Lydia Oortman en die bednatmaak.

My mens, ek praat nie juis oor ander mense se kwale nie.

Ek sê maar altyd ’n mens se kwaal is jou eie persoonlike ding en niks met ander te doene nie.

Maar so op ’n dag hoor eek ’n gedoente in die straat. Iets wat net soos ’n fiets-klokkie klink en iemand wat ANTIE ANTIE skreeu.

Maar wie sal dan nou met ’n fiets by my voorhek kom staan en onmoontlik wees? vra ek myself verwondered af.

Dis dan so ’n lekker stil Vrydag agtermiddag.

Julle sal my nie glo nie. Daar by my tuinhekkie staan die posman homself met sy bak-bene wyd oor die fiets (ek maak maar eers of ek nie die wye bene sien nie). Daardie bak-bene het al so baie moeilikheid onder die skoner geslag in die dorp veroorsaak.
As dit net lyk of die dorp ’n nuwe noointjie kry of ’n meisie lyk net effens alleen sal hy altyd sê “Ek is ’n man wat 6 voet hoog staan, jy sal nie sommer weer so iemand hier rond kry nie”
Dis toe daardie dag toe hy homself met die Meyer Meisiekind styfloop, want die kyk hom toe so op en af en sê “Ja, as jou bene nie so krom was nie, was jy seker 6 voet lank, maar daai krom bene maak jou maar so by die 5 voet” en sy stap weg.
Die stomme posman was so in die gesig gevat en weke kon hy nie pos aflewer nie. Glo te skaam om by die huis te kom oor die krom bene.
Maar nou dwaal ek en die posman se krom bene het niks met my te make nie.

Maar daar staan die krom-been-posman voor my hekkie met ’n brief in die hand.

Dit laat my toe skoon special voel. “n Brief, in ’n regte koevert met my naam daarop en nogal ’n mevrou voor my naam. En dit afgelewer voor my hek. Dit moet ’n dringende saak die wees.

Ek hou die koevert eers so sonop, dalk kan ek deur die koevert sien.
Toe ek daardie brief oopaak en lees, skrik ek myself lam in die kniee.
Dis ’n brief van iemand wat in die buurdorp bly. Die vrou het van my te hore gekom en die sit met ’n geweldige probleem met haar oudsste seun van 12 jaar oud.

Ek kon my oë bykans nie glo toe ek die brief klaar gelees het nie en ek roep die oom nader om te vertel.

Ek skryf toe terug en stem in dat hulle my maar kan kom haal en dat ek na die kind sal kom kyk. Hoekom ek nou juis daarheen moes gaan, weet ek tot vandag toe nie. Dit het net onnodige bang vir die donker in my kom sit.

Daardie dag breek aan en die mense kom by my huis aan om my op te laai en ons ry na die buurdorp toe wat, ek skat, so 22 km weg is.
Daar aangekom kyk ek die kind van kop tot tone en ek kan nie glo dat so ’n mooi, gesonde jong so ’n probleem kan hê nie.
Bednatamaak. Te vreeslik.

Ek sê toe vir die mense, ja, ek sal kan help, maar is hier ’n ashoop iewers in die dorp.
Die vrou skrik vir haarself spierwit.
Nee, mevrou, ek wil nie die kind loop weggooi nie, vat my net daarheen, sê ek toe vinnig toe ek die skrik op die ma se gesig sien.

En so vat hulle my na die naaste asgat toe. Doppiesdorp noem hulle die plek.

Ek grou toe daar tussen die geroesde blikke,wilde bossies en gemors deur en kry wat ek soek, pluk ’n paar blare van ’n brandnetel af, en gaan weer terug.

By die huis aangekom sê ek vir die vrou om solank die ketel te kook, want hierdie brandnetels se blare moet getrek word soos wat jy tee sal trek.

Ek jaag die kind to ’n koppie of twee in.

Toe gebeur die vreeslikse ding. Toe hulle my moes terugvat huistoe, wou die kar nie vat nie en dit gebeur toe so dat ek daar moes oornag want hulle kon eers die volgende dag die kar weer reg kry.

Ek kry mos swaar om in ’n vreemde bed te lê en so staan ek toe so 11 uur se kant op en gaan sit op die stoep. Toe ek so deur die stoep se venster kyk, terug huisin, sien ek ’n ding. Daar in die kombuis staan ’n wit gedaante en gloei in ’n helder lig. Dis asof die lewe uit my uit floei. Ek is skoon lam van skrik.

Ek wou nog ’n versie van die Psalmdigter opsê toe ek sien dat dit sowaar die bednatmaak-kind is wat voor die yskas staan. Sy bekkie kompleet getrek soos die tuit van ’n melkbertejie en daar staan hy en drink skelm melk in die middel van die nag. Te vreeslik.

Die volgende dag kon ek nie gou genoeg gaan verneem of die bednatmaak opgehou het nie.

Die ma sê toe moedeloos vir my dat sy alweer ’n plassie op die matras gekry het.

Ek glimlag toe maar vir die ma en vertel haar van die skelm melkdrinkery.

So twee, nee drie weke later hoor ek dat die kind heeltemal opgehou het om bed nat te maak. Ek weet toe nou nie of dit die brandnetelaftreksel is nie en of die ma die yskas begin toesluit het in die nag nie.
Maar die brandnetels laat my mos ook dink aan daardie dag toe ons dorp ’n nuwe haarkapper gekry het. So mannetjie wat sulke stywe broeke gedra het en ’n blink ketting om dit nek…maar wag, dis anderdag se dinge daai.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: