KARELTJIE EN SY BRANDBLUSSER

Kareltjie het ‘n ding met brandblussers gehad
Hy het heeltemal simpel geraak as hy ‘n brandblusser iewers sien. Hy kon nie verby die rooi goed loop in gange, winkelsentrums, spreekkamers, restaurante en skole nie.
“Jy moet die brandblussers los en begin leer” het sy ma gesê.
“Ek hoef nie te leer nie. Ek gaan ‘n brandweerman word as ek groot is” het Kareltjie gesê.
Sy ma wou so graag he dat hy ‘n dokter moes word, sy pa het gesê dat hy ‘n prokureers-brein het, maar Kareltjie het by Brandblussers en Brandweerman vasgesteek.
Ons het langs Kareltjie-hulle in die Strand gebly.
Ons het na skool vir ure onder die groot peerboom gesit en praat.
Ek was mal oor poppe, make up en het vreeslik met my kleredrag ge-eksperimenteer.
“Jy moet hierdie meisie goed los en begin karretjies speel. Gaan speel saam met jou broer onder die boom. Hy speel plaas-plaas”
Ek wou niks van dit weet nie. My papierpoppe en make up kon my vir ure besig hou en die wêreldse geluk bring
Ek en Kareltjie was baie goeie vriende. Ek het sy brandblusser ding verstaan en hy het my pop-speel ding verstaan. Kinderlewe is te kort om nog oor sulke snert bekommerd te wees.
“Jy moet ophou om saam met hierdie snaakse outjie te speel” het Kareltjie se ma altyd gesê as hy by my kom speel het.
“Ma, ons is dan maatjies”.
Sy ma was raadop en my ma was moedeloos omdat ek nie die poppe wou los nie.
“Kareltjie, gaan jy regtig ‘n brandweer man word as jy groot word?” het ek gevra
“Regtig” het hy gesê
“Dis goed. Ek wil gaan dans en drama doen” het ek gesê.
“Dis goed” het Kareltjie gesê.
Jare later, tydens my universiteits dae waarin ek gewaagd en vol testosteroor was, loop ek weer vir Kareltjie raak.
Hy het Brandweerkunde studeer, ek drama
“ons drome het waar geword” het Kareltjie gesê
“Ek is so bly.”
Kareltjie het my gevat nes ek is. Hy het niks oor die baie make up gesê nie ook nie oor die groot skouerkussing baadjies en hoë hakke nie.
Daar kom ‘n dag in mens se lewe wanneer iemand special daardie groot kas se deur in jou lewe oopgooi en ou seer en pyn en geheime val, ‘kaplaks’ op die vloer.
Dit het met my gebeur.
Dit was ‘n Dinsdag toe ek en my verlede kaal voor die wêreld gestaan het. Op daardie dag is die groot vuur aangesteek en die dominee het gesê ek gaan in die hel brand, ‘n pastoor het gesê die helse vlamme gaan my vat, ‘n sekte leier het gesê dat die hel se vuurvlamme vir my erger gaan brand as vir ‘n ander sondige mens.
Ek het op my kniee gegaan en vir die doodsengel gewag, toe daar ‘n wonderwerk gebeur.
Voor my het Kareltjie kom staan, met ‘n groot brandblusser in sy arms.
“Toemaar, ek is hier om die vlam te blus” het hy gesê.
En daar trek Kareltjie los en hy spuit alles spierwit met die brandblusser. Tot vir my.
Ek was spierwit en vol poeier gespuit en vir ‘n oomblik, net ‘n oomblik het Kareltjie na my geloer en gesê:
“nou is die vuur dood. Jy is wit soos ‘n engle. Jy kan nou vlieg en gaan dans. Ek sal die vuur doodgooi”
Ons almal het soms ‘n Kareltjie nodig om ander mense se vuur wat hulle op ons gooi te blus.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: