DIE KRING OM DIE MAAN

Skuins agter die Langeveldt vrou, aan die kant van Le Roux grafsteenmakers woon ‘n gesinnetjie.

Vreeslike eenvoudige mense, maar volgens Mias de Klerk is hulle sout van die aarde mense. Hulle het blykbaar ‘n plaas gehad, toe drink die man hom uit sy plaas uit.

“Daai oom het in tydskrifte verskyn. Hy het tydens ‘n Landbouskou ‘n koei, kalf, vark, skaap, enige ding wat beweeg, vasgehou en dan neem iemand hom af, plaas die foto in ‘n boek en dan lees al die ander boere dit.

Dit was Landbouskou in Griekwaland Oos.
Dit was ‘n Dinsdag

So staan die man met ‘n enorme bul aan ‘n tou voor die kamera.
“Kyk, hy gaan weer al die pryse wen” sê Samual
“Nee wat, vanjaar gaan hy die grootkampioen wees, maar Ek, ek gaan die Opperste kampioen wees.” sê Frik
Op ‘n lamlendige pawweljoen, iets wat soos ‘n hartseer hoenderstillasie lyk, sit die antie en bekyk die spul. Sy sit alleen. Sy is maar ‘n alleen vrou….net sy en haar gedagtes.
Geen mens het geweet wat sy gesit en dink het nie, maar daar was een persoon op die dorp wat alles geweet het. Die Tsie Tsie man.
Die Tsie Tsie man het baie stywe broekies gedra, blomme rangskik, orrel gespeel en vir mense wat nie smaak het gordyne gehang.
“Ek weet wat Tannie dink” het Tsie Tsie agter haar gesê op Griekwaland Oos se Landbouskou
“Nee wat, Mennetjie, niemand weet nie.”
“Ek weet”
“Is jy dalk die Leviet?” wil sy weet.
“Erger Tannie, ek is die kring om die maan”
Hulle glimlag vir mekaaar.
“Kyk na daardie man van my tussen die beeste. Trotse boer, trotse man en pa, maar niemand weet wat agter my gordyn aangaan nie. Ek is ‘n eensame vrou. Hy dink dat hy eensaam is, maar hy is ‘n vogjagter. Ek sê jou, ‘n vogjagter, dis wat hy is.”
“Wat is dit, Antie” vra Tsie Tsie
“Dis ‘n man wat agter elke boorgat aan haardloop. Hy kan nie genoeg kry nie. Hy dink dat hy nog ‘n Sussax bul is, maar alles het gaan lê”
“Nee Antie”
“Tsie Tsie, wat weet jy? Jy hang gordyne, rangskik blomme en dra stywe broeke. “n vrou wat met ‘n Vogjagter getroud is het dit swaar in die lewe. Kyk na my. Ek dra swaar.
Boonop begin daardie man soos sy bleddie koeie en bulle lyk. Dis asof ek met ‘n bul getroud is”
“Dan sit daar ‘n heerlike horing, Antie” sê Tsie tsie

“Moenie van die horing praat nie. Ons praat van ander dinge hier. Kyk, daar hou hy ‘n bul vas aan ‘n tou. Hy begin al net soos daardie Rooi Poenskop bul te lyk. Hy kan maar sowel met Rooi Poenskop gaan trou ook” en die Antie staan op en loop weg.

Tsie Tsie het daardie dag nooit weer met dieselfde oog na die man gekyk nie. Altyd ‘n Rooi Poenskop gesien met ‘n enrome horing.

Jare nadat hulle die plaas verloor het, het daar ‘n wonderlike ding gebeur. Die oom het meer soos ‘n Rooi Poenskop begin lyk, die horing nog groter en nog al die tyd ‘n Vogjagter, maar wonder bo wonder, het al die boorgate opgedroog. dit was die groot droogte vir daardie huis, die hele dorp, die hele provinsie, die hele Griekwaland, die hele wêreld. En oral vrek alles en almal van die dors. Net die antie het bly lewe want die Tsie Tsie outjie het vir haar water op die maan loop haal

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: