GLENDA EN HAAR KLAM LIESTE

Glandatjie kom van Dealesville af. Sy is ‘n bang kind.
“jy moet maar die bang-geit laat staan, jy sal nooit man kry nie” het haar ma altyd vir haar gesê.
Sy het net haar skouers opgetrek totdat sy soos ‘n jappanese sambreel lyk en dit weer plat laat vol soos ‘n verlepte sponskoek
“ek wil nie man he nie, Ma” het sy gesê dan weggeloop
Sy het vir ure voor die geheime venstertjie in haar dakkamer na die buurman gesit en staar.
Sy het vir haar die solder uitgekies om in te bly, want, volgens haar, sou geen man dit waag om die trappe te klim nie. En as iemand die trappe klim, sou sy dit hoor en die gordyn om haar draai.
“Kind, jy moet jou bang-geit laat staan” het haar pa eendag gesê.
Sy het solder toe gehardloop en haarself in die gordyn gaan toedraai soos ‘n sywurm in ‘n kokon fase.
Dan het sy weer by die geheime venster uitgeloer en na die buurman gekyk.
Die buurman het nie man, vrou, kind, houvrou of stiefkind gehad nie. net hy en sy franse poedel.
Saterdae het hy altyd gras gesny, Sondae Swembad skoongemaak en Namiddae onder die groot boom gelê.
Glandatjie was verlief, maar bang.
Sy wou met mening weet wat hierdie buurman se naam is, want hy maak iets in haar lieste wakker.
Sy het een nag opgestaan, by die venster afgeklim met ‘n leer en in sy posbus gaan grou.
“Meneer Tredoux” lees sy op ‘n venster koevert.
Daardie aand kon sy nie ‘n oog toemaak nie.
Glendatjie Tredoux…..”dis mooi” het sy gedink
Met opgewakkerde lieste soos ‘n Trompop het sy die straat afgestap en gehoop hy sou haar sien.
“Ek is bang” het sy vir die tuinhek gefluister
“Waarvoor?” het Tuinhek gevra
“Vir die dinge wat hierdie man aanvang. Kyk net hoe gaan hy te kere….hy stoot, trek en rem elke naweek dat dit sweet spat”
“moenie vrees nie, Glendatjie, die man sal niks aan jou doen nie. Hy kan blomme rangskik, tafels dek en bruide mooi maak”
Daardie nag, in die solder met lam lieste droom Glendatjie van ruikers wat in die pad af staan, vanaf die hoek, by die stopstraat verby, langs die akkerboom, onder die struike, by die De Villiers mense se huis verby, duskant die klimplant, by die parkie verby tot in haar kamer. Daar tussen die ruikers staan sy, as bruid met klam lieste en wag vir die groot dag.
Meteens kom Tredoux aangehardloop met ‘n grassnyer in die een hand en Kreepy Crauly in die ander hand. Soos hy die ruikers met die grassnyer afsny, suig die Creepy Krauly dit op, totdat die Creepy Krauly voor Glendatjie lê en ruk en suig, ruk en suig, ruk en suig….totdat Glendatjie ingesluk is….En toe was dit die einde van Glendatjie en haar klam lieste.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: