KAPPERTJIE

Kappertjie was my beste vriendin op skool.
Kappertjie het in die onder dorp gebly. Almal wat in die onderdorp gebly het was maar eenvoudig en ons was die dood voor die oë gesweer as ons met hulle vriende gaan wees.
Ek het my min aan mense gesteur en besluit dat Kappertjie tog my vriendin moes wees.
“kan jy nie ander vriende kry nie?’ het my ma gevra
“Aan jou vriende sal jy geken word” het my Ouma gesê.
“Meng jou met die semels dan vreet die varke jou” het die dominee se vrou gesê.
Ek het my min gesteur aan hulle en ek en Kappertjie het oral saam gegaan. Kappertjie het my laat lag.
“Die mense praat” het Kappertjie eendag vir my gesê toe ons agter die pawiljoen gesit en rook het.
“Ek worry nie. Hulle moet maar praat.”
Kappertjie het my verstaan.
Kappertjie het gesukkel met haar Huishoudkunde huiswerk, ek het haar daarmee gehelp, al het ek nie Huishoudkunde gehad nie.
Ek het weer met tegniese tekeninge gesukkel en sy het my daarmee gehelp.
“Ons het almal mekaar nodig” het Kappertjie weer eendag agter die pawiljoen vir my gesê.
“wat wil jy eendag word as jy groot is?” het ek vir Kappertjie gevra.
“O. Ek wil met Lippizzaner perde boer” het sy gesê en in ‘n graspol gespoeg.
“Wat wil jy word?”
“ek weet nie.” het ek gesê.
“Jy moet gaan dans. Jy moet op die verhoog wees en stywe broeke dra” het sy gesê en weer gespoeg. “jy moet make up dra”
Op ‘n dag het ek weer vir Kappertjie agter die pawiljoen gewag. sy het nie gekom nie.
Kortpouse het ek weer gaan kyk en Kappertjie was nogsteeds weg.
Na skool het ek weer gaan kyk en al wat ek daar kon sien was ‘n hoefyster.
Toe ek die hoefyster optel, kom daar ‘n spierwit Lippizzaner perd aangestap. Om sy nek is ‘n toutjie vas en aan die toutjie is ‘n briefie.
Dit was ‘n hartseer dag vir my. ek kan tot vandag toe nie sê wat in die briefie gestaan het nie, maar wat ek wel weet is dat Kappertjie in die gees van die perde gaan bly het.
Sy het haarself met ‘n passerpunt doodgemaak, want net ek het van haar groot geheim geweet. Hulle het nie gekies om in die onderdorp te bly nie, die lewe het hulle daarheen gedruk. Ek wens almal kon dit sien.
Ek wil ook in die onderdorp gaan bly, in die huisie waar ‘n hoefyster aan die voordeur hang.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: