DIE LUISPLAAG

Dis ‘n Vrydag middag. Niemand doen eintlik iets hierdie tyd van die dag nie. Dis mos daardie tyd van die dag wanneer die son deur die wilgerboom se takke begin loer en ‘n lang skadu oor die grasperk gooi. So sit ek in die skadu van die boom en ek hoor Josephine skreeu.
“Wat gaan jy so te kere, Josephine?” vra ek
“Dis by Mies Hessie se huis. Daar het ‘n ding gebeur. Lyk my die Mies sit met ‘n ding.”
“Watse ding?” Vra ek
“Dit lyk soos ‘n wasgoed ding. Waar gaan Mies Hessie slaap?”
“Wat praat jy Josephine? Yl jy?” wil ek weet en skuif my donkerbril op my kop.

Toe ek om die huis stap, deur die arch wat met Ivy bedek is, verby die krismisroos bedding tot onder die perske boom, sien ek ‘n hoop beddegoed op die sypaadjie lê.

Ek sien sommer dis Tant Hessie Benson se beddegoed. Ek skuif ‘n persketak weg om beter te sien en sowaar, daar grou ‘n voetganger in die lakens.

“Wat maak jy?” skree ek
“Ek vat wat my toekom.” sê die voetganger.

“Laat hulle vat, Kind. Laat die plaag hulle beklim. Hulle verdien om die plaag in hulle koppe te hê” skreeu Tannie Hessie vanaf ‘n oop venster met ‘n toe gordyn.

Die man vat ‘n paisley laken en hardloop.
‘n Ander verbyganger vat die pienk blommetjies, winterlaken en hardloop.

“Ja, vat die plaag na julle huise toe. Laat die plaag julle beklim. Dis ‘n siekte wat nie uitgeroei kan word nie. Vat die goed. “

Ek stap oor. Nou is ek eers bekommerd oor Tannie Hessie.

“Wat gaan hier aan, Tannie. Het Tannie koors? Het Tannie se bloedsuiker geval? Het Tannie pyn?” vra ek

“Gaan weg, Kindjie, jy kan my nie so sien nie. Oor my dooie liggaam sal niemand my so sien nie.” skreeu sy. Klink of sy naby aan trane is.

“Moet ek vir Tannie tee maak?” vra ek.

“Nee, gaan na die Griek op die hoek te en sê ek soek ‘n bottel Olyfolie op skuld. Ek sal oor 3 dae kom regmaak met hom. Gaan dan by Checkers aan en kry Glad Wrap. Ek sal die geld vir jou gee. Kom sit alles dan net in die pot waar die Hen en Kuikens in groei.” skreeu sy bevele uit vanaf die toe gordyn.

Daardie aand, toe dit donker is, sien ek ‘n rokie agter in tannie Hessie Benson se tuin trek. Ek stap om, verby die pruim boom en loer deur die wingerd. Sowaar, daar staan sy by ‘n groot vuur en ‘n drie poot pot aan die kook. Haar hare is styf met Glad Wrap toegedraai, sodat haar voorkop wit wys. In die pot kook sy haar kamme en haarborsel.

Sy sit net so en wieg soos iemand wat doodstyding gekry het.

“Tannie, is alles ok?” vra ek versigtig
“Nee, my kind. Die luise het my oorval. Hulle het my huis ingevaar, my beddegoed, my borsels, my koppies, pierings. My matte en sommer agter die oorlede oom se skildery.”
“Hoekom het Tannie dan Tannie se kop toegedraai? Sit Tannie High ligths in Tannie se kop?”
“moenie jou laf hou nie Kind, ek het my kop my olyfolie ingesmeer en toegedraai met glad wrap. Dit maak al die luise en hulle eiers dood. Kyk hierso, ek het dit al 3 keer deurgekam. Kyk, hier lê die luise dood soos ‘n plaag.”

Sy wys na haar spierwit tafeldoek waar klomp luise en eiers lê. Morsdood.

“Ek kam elke 3 ure my hare uit, dan vee ek die kam aan die wit tafeldoek af. Kyk, hulle vrek. Kindjie, jy sal my moet vat dat ons more nuwe beddegoed gaan koop. Die plaag sit nou in die lokasie. waar gaan ek vanaand slaap?”

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: