vanoggend by die haberdashery op die hoek
van kerk straat met die groot ronde stoep
het jy vir my ietsie moois gekoop.
n Sakkie vol lappies, knope en ’n hoed
’n tolletjie garing en ’n paar laprose
waarna ek so lank al soek
jy het vir my ’n een meter geblomde
lap gekoop, rooi groen en lig-room
daar in die sakkie lê ’n lang string
bians biding om mee te toor
maak vir my ’n hemp vir vanaand
en ’n broek so groot en lank,
tot op die vloer.
want ek wil vir JOU mooi lyk
Leave a Reply