middel-donker-nag trek ek my kamergordyn wawyd oop.
ek maak die venster op ’n skrefie oop en loer na buite
ek kyk in die donker hemel op waar klossies sterre
aan die donker hemel vlieg
ek trek my oë op klein-fyn skrefies
en maak vlerkies en stertjies aan elke sterretjie vas
sodat hulle kan afvlieg en tot in jou ogies kom val,
sodat jy in die vroeg oggend met blink ogies na my kan kyk,
want ek weet jy het lief, baie lief….
…..vir Daizy
Leave a Reply